Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Julle moet opdok, EFF en OB! sê regter

Uitspraak is in die hooggeregshof in Pretoria gelewer in die saak waarin pres. Cyril Ramaphosa aansoek gedoen het dat die hof ’n bevelende verklaring maak dat hy wel gehoor gegee het aan die openbare beskermer (OB) se regstellende optrede. 

Die hof het in Ramaphosa se guns beslis en gelas dat die OB en die EFF die koste betaal.

  • Die regstellende optrede waarna verwys word, is saamgevat in adv. Busisiwe Mkhwebane (die OB) se verslag oor die vervroegde aftrede van Ivan Pillay, senior amptenaar van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat in 2010 deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, goedgekeur is. 
  • Gordhan was toe die minister van finansies. 
  • Mkhwebane het in haar verslag aanbeveel dat Ramaphosa gepaste tugstappe teen Gordhan doen. Die president wil egter nie begin met die stappe voordat die hersieningsproses oor Mkhwebane se verslag afgehandel is nie. 
  • Omdat Mkhwebane in haar verslag geen spertyd vir die tugstappe verskaf het nie, voer Ramaphosa se regspan aan dat inaggenome die onafgehandelde hersieningsproses het hy wel aan haar regstellende optrede voldoen.
  • Indien die hof bevind dat hy nie daaraan gehoor gegee het nie, vra hy vir ’n tussentydse bevel wat keer dat hy die tugstappe teen Gordhan implementeer voordat die hersieningsproses afgehandel is.

Lees: "Die OB het afgedwaal..." sê Ramaphosa

08 Aug. 12:17:54

Die regter verdaag die hof.

08 Aug. 12:15:00

Molopa-Sethosa: Die OB en die EFF moet die koste van hierdie aansoek betaal.

08 Aug. 12:14:40

Die volgende bevel word gemaak:

Dit word verklaar dat die president voldoen het aan die regstellende optrede van die OB wat volg op haar verslag.

Die president het kennis geneem van die verslag se bevindinge teen Gordhan, en binne 30 dae het hy 'n implementeringsplan aan die OB voorgelê wat wys hoe die regstellende optrede toegepas sou word. Die president is onderhewig aan die uitkoms van die hersieningsaansoek, om gepaste tugstappe teen Gordhan te neem vandat die uitkoms van die hersieningsaansoek gefinaliseer is.

08 Aug. 12:11:12

Molopa-Sethosa: Ek is tevrede dat die president 'n saak uitgemaak het vir die verklarende bevel. Die ander bevele moet volg. Die president het gehoor gegee aan die regstellende optrede. Hy het kennis geneem van die bevindinge, en aanvaar dat die regstellende optrede bindend is.

08 Aug. 12:10:50

Regter Letty Molopa-Sethosa. Foto: Deaan Vivier

08 Aug. 12:10:25

Molopa-Sethosa: Kostebevele volg op die uitkoms. Hoewel die openbare beskermer en die EFF se regsverteenwoordigers aangevoer het in die geval dat die president suksesvol is, moet die "biowatch-beginsel" geld.
Dit is nie regtig verstaanbaar hoekom die OB die bevel teengestaan het nie.
Die EFF ook was onredelik om daarop aan te dring dat die president tugstappe dadelik moet neem, sonder om die hangende hersieningsproses in ag te neem. Ek sien nie dat geregtigheid sou geld as die suksesvolle partye nie 'n bevel vir koste toegestaan word nie.

08 Aug. 11:47:44

Sethosa: Die regspan van die president het die kwessie van kostebevel aan die diskresie van die hof oorgelaat.

08 Aug. 11:47:25

Sethosa: Die OB het aangevoer die president intimideer die hof te vra vir 'n kostebevel teen die OB. Dit kan nie gesê word, uit die briewe, dat die president die OB probeer intimideer het nie.

08 Aug. 11:38:50

Sethosa: Die feit dat die OB nie die implementeringsplan goedgekeur het nie, beteken nie dat die president nie aan die regstellende optrede gehoor gegee het nie. Veral as jy kyk na die optrede van die president in sy brief, waarin hy daarop wys daar is geen spertyd wat in die verslag uiteengesit is nie. Dit skryf ook nie voor hoe die plan toegepas moet word nie.

08 Aug. 11:36:24

Sethosa: Ek gaan nie myself veel oor die aansoek uitlaat nie, want ek los dit in die hande van die hof wat met die hersieningsaansoek handel. Tog wil ek sê, Gordhan, nes almal, het regte. Hoekom moet hy nou aan tugstappe onderwerp word, terwyl die hersieningsproses nog nie afgehandel is nie? Die uitslag daarvan is nog nie bekend nie. Die president betwis nie die feitelike bevindinge van die OB nie, hy vra net dat hy wag vir die uitkoms van die hersieningsproses. Dit is rasioneel en redelik, as president van almal in die land, voldoen hy in hierdie opsig aan die grondwet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.