Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Lewenslank vir Ninow - regter

Die vonnisverrigtinge van Nicholas Ninow is Donderag voortgesit in die hooggeregshof in Pretoria.

  • Regter Mokhine Jonas Mosopa het op 17 September Ninow skuldig bevind dat hy 'n sewejarige meisie op 22 September 2018 na die vrouekleedkamer van die Dros-restaurant in Silverton gevolg en haar verkrag het.
  • Ninow se oorspronklike skuldbekentenis op twee aanklagte van verkragting is as “onskuldig” aangeteken omdat die staat nie sy weergawe van die gebeure aanvaar het nie.
  • Ninow se verweer was dat hy in die restaurant se vrouekleedkamer was om dwelms te gebruik en dat die meisie hom daar aangetref het. Hy het haar toe glo “impulsief” verkrag.
  • Die regter het bevind die enigste redelike afleiding op grond van die bewese feite van die saak is: Ninow het die meisie in die speelplek sien speel, hy het gesien toe sy na die kleedkamer gaan, hy het haar agtervolg, en die meisie ontklee en verkrag.
  • Ninow is ook skuldig bevind op die aanklagte van die besit en gebruik van dwelms en regsverydeling, omdat hy die meisie se broekie, ‘n bewysstuk, in die toilet afgespoel het.
  • Ninow is vrygespreek op die aanklag daarvan dat hy twee Dros-werknemers met sy lyfband aangerand het.
  • Ninow het die hof gevra om hom genadig te wees met vonnis oplegging omdat hy berou het vir sy daad, dit sy eerste oortreding is en hy nog jonk is.
  • Die staat het betoog dat die minimum voorgeskrewe vonnis vir die verkragting van ’n minderjarige – lewenslange tronkstraf ­– opgelê word.

Nota: Netwerk24 het voorheen Ninow se ouma Pauline Gericke, se van verkeerdelik as Gerecke gespel. Ons vra om verskoning vir die fout en het dit sover moontlik reggestel in wat tot dusver berig is.  

17 Okt. 15:42:55

Polisiebeamptes probeer singende EFF-lede uit die hof lei. Skermgreep: Netwerk24

17 Okt. 15:41:28

Ninow se ouma en ma krimp snikkend ineen terwyl almal om hulle hard sing van vreugde oor die vonnis.  Skermgreep: Netwerk24

17 Okt. 15:39:34

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. Regter Mosopa beveel ook dat Ninow se besonderhede opgeneem word in die register van seksuele oortreders.

Hy verdaag die hof.

Die hof ontplof in sang vanuit die openbare galery. 

17 Okt. 15:38:31

Mense klap luid hande toe Ninow lewenslank gevonnis word vir die klag van verkragting. Vyf jaar vir die besit en gebruik van dwelms en vyf jaar vir regsverydeling.  

17 Okt. 15:36:34

Mosopa sê ook 'n beskuldigde moet oop kaarte speel met die hof.

17 Okt. 15:36:24

Mosopa sê daar is ook 'n verskil tussen ware berou en om jammer te wees. Die vraag kan gevra word of Ninow net jammer is omdat hy gevang is.

17 Okt. 15:35:22

Mosopa sê die feit dat Ninow die meisie se broekiekouse in die toilet probeer afspoel het 'n aanduiding is dat hy volwasse is. Daarom hou die argument dat sy jong ouderdoem in ag geneem moet word as rede vir strafversagting nie water nie.  

17 Okt. 15:32:38

Mosopa sê wat vir hom rede tot kommer is, is dat Ninow dwelms blameer vir wat hy gedoen het. Hy sê dit wil voorkom of Ninow nie homself wil rehabiliteer nie en steeds dwelms in die tronk gebruik.

17 Okt. 15:29:57

Mosopa sê Ninow is skuldig bevind aan verkragting, die minimum vonnis hiervoor is lewenslank. 

Hy sê Ninow het in der waarheid die meisie meer as een keer verkrag.  Hy sê vir die doel van vonnis moet twee seksdade, wat kort na mekaar gebeur geag word as een klag van verkragting.

Hy haal nou regspraak aan oor omstandighede waaronder 'n regter kan afwyk van 'n minimum vonnis. 

17 Okt. 15:28:19

Die regter sit die doel van vonnis asook die faktore wat in ag geneem moet word, uiteen. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.