Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: 'ANC het roeping om SA reg te ruk'- Zuma

  • Oudpres. Jacob Zuma het vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aansoek gedoen dat sy vervolging op aanklagte van korrupsie, bedrog, rampokkery en geldwassery permanent gestaak word.
  • Die 16 klagte teen Zuma hou verband met 783 betalings wat die Franse wapenvervaardiger Thales glo aan hom gemaak het in ’n omstrede multimiljoenrand-wapentransaksie in 1999.
  • Zuma se regspan het vandag in die hof beweer hoës in die nasionale vervolgingsgesag (NVG), en die destydse Skerpioene, het hulle mag in Zuma se vervolgingsaak misbruik.  
  • Adv. Muzi Sikhakhane SC, vir Zuma, sê dit was nie Zuma wat sy vervolgingsaak opsetlik laat sloer het nie en dat die staat vir die gesloerdery moet pa staan. Hy het bevraagteken hoekom die NVG destyds besluit het om Schabir Shaik, Zuma se medebeskuldigde in die sogenaamde wapenskandaal, afsonderlik van Zuma te vervolg. 
  • 'n Verteenwoordiger van Thales South Africa, ’n filiaal van Thales, is saam met hom in die beskuldigdebank en doen ook aansoek om vervolging te staak. 
  • Thales sê hy gaan die geldigheid van die vervolging en die onbillike vertraging van die saak uitdaag. Die maatskappy staan tereg op een klag van geldwassery, twee klagte van korrupsie en rampokkery.
20 Mei 17:03:28

Hiermee sluit Netwerk24 sy regstreekse dekking.

20 Mei 16:56:54

Zuma sing: "Mshini wam, mshini wam".

20 Mei 16:56:35

Hou vas aan die ANC, dit het 'n doelwit. Dit het 'n roeping om die land reg te ruk. Daar is geen ander organisasie soos die ANC nie.

20 Mei 16:56:03

Niks kan binne 'n dag gedoen word nie. Iets so ernstig soos 'n nasie kan nie binne 'n dag reggeruk word nie. Die ANC sal regeer en die grondkwessies en ander uitdagings van die land regruk.

20 Mei 16:55:10

Julle het goed gedoen deur vir die ANC te stem en die party sal voortgaan om vir jare te regeer. Die ANC moet altyd sterk wees en bly regeer, want dis die enigste organisasie wat weet waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is.

20 Mei 16:53:43

Om vir die ANC te stem is om vir die ANC te stem, nie die persoon nie. Daar is niemand met meer mag as die ANC nie. Die ANC het mag, nie 'n persoon nie.

20 Mei 16:52:21

Ek het julle gesê om vir die ANC te stem, want ek het gerugte gehoor dat sommige nie wil gaan stem nie. Ek het gedink as ek nie sê julle moet vir die ANC stem nie, ek geblameer sou word vir julle wat nie gaan stem nie.

20 Mei 16:51:49

Ek het 'n geharde prokureur daarbinne. Hy het geargumenteer dat daar twee maniere is om die wet te interpreteer. Die een is 'n wetlike filosofie van die apartheidstye. Daardie wet het mense se regte geskend. Die tweede interpretasie is van ná 1994, waar jy deur die wet gelei word en nie mense se regte skend nie.

20 Mei 16:50:08

Ons is more hier, asook Donderdag en Vrydag, as dit so uitwerk. Julle kan môre kom, of julle kan ’n ander dag kies of elke dag kom. Dit hang van julle af. Ek maak julle net bewus van die hofdagboek.

20 Mei 16:49:10

Daar is net twee dinge wat die NVG moet doen: om te sê of die NVG 'n saak het of nie.

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Zuma-Bedrogsaak  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.