Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Duduzane Zuma onskuldig

  • Uitspraak word Vrydagoggend in die landdroshof in Randburg gelewer in die saak van strafbare manslag en roekelose bestuur teen Duduzane Zuma nadat hy op 1 Februarie 2014 op die M1-hoofweg in Johannesburg in ’n botsing met ’n taxi betrokke was.
  • Phumzile Dube (33), ’n passasier in die taxi, is in die ongeluk dood.
  • Adv. Mike Hellens, wat Zuma verteenwoordig, het vroeër in sy slotbetoog gesê sy kliënt kon niks meer doen om die noodlottige ongeluk te vermy nie en moet vrygespreek word op die aanklagte teen hom.
  • Yusuf Baba, staatsaanklaer, het egter aangevoer Zuma het nie versigtig genoeg bestuur nie.
12 Jul. 11:00:26

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die verrigtinge. 


12 Jul. 10:44:44

Louw: Die NVG respekteer die hof se beslissing. Ons glo dit is 'n regverdige uitspraak en dat die landdros die feite in sy geheel in ag geneem het. Die staatsaanklaer beskou ook die uitspraak as regverdig. Die reg moet die waarheid bepaal. Ons glo dit is wat hier gebeur het. Die staatsaanklaer het sy bes gedoen en die ekstra myl geloop. Die hof het bevind dat Zuma se getuienis konsekwent was, in teenstelling met dié van die staatsgetuies.

12 Jul. 10:41:57

Adv. Mike Hellens, wat Duduzane Zuma verteenwoordig het, groet hom nadat hy onskuldig bevind is. Foto: Deaan Vivier

12 Jul. 10:40:54

Phindi Louw, woordvoerder van die NVG, sal binnekort die media toespreek.

12 Jul. 10:37:09

Zanele Lwana, adjunkhoof van die BLF, sê haar organisasie is tevrede met die uitspraak.

"Ons het altyd volgehou dat die rassistiese AfriForum Duduzane teiken omdat hy die seun van die oudpresident is," sê sy.

AfriForum het vroeër aansoek gedoen om Zuma jr. privaat te vervolg waarna die NVG besluit het om dit self te doen.

12 Jul. 10:36:42

Oudpres. Jacob Zuma en sy dogter, Duduzile, stap uit die hof nadat Duduzane vrygespreek is. Foto: Deaan Vivier

12 Jul. 10:33:22

Duduzane Zuma stap uit die hof nadat hy onskuldig bevind is op aanklagte van strafbare manslag en roekelose bestuur. Foto: Deaan Vivier

12 Jul. 10:31:32

Zuma sr. het ook die hof verlaat nadat hy ook nie veel aan joernaliste wou sê nie. Die oudpresident sal na verwagting volgende week voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

12 Jul. 10:28:21

Op verskeie vrae van die media wou Zuma jr. nie kommemtaar lewer nie. Hy klim in 'n voertuig voor dit wegry.

12 Jul. 10:22:02

Die media drom buite die hof om Duduzane Zuma saam. Foto: Christiaan du Plessis

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.