Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Duduzane Zuma onskuldig

  • Uitspraak word Vrydagoggend in die landdroshof in Randburg gelewer in die saak van strafbare manslag en roekelose bestuur teen Duduzane Zuma nadat hy op 1 Februarie 2014 op die M1-hoofweg in Johannesburg in ’n botsing met ’n taxi betrokke was.
  • Phumzile Dube (33), ’n passasier in die taxi, is in die ongeluk dood.
  • Adv. Mike Hellens, wat Zuma verteenwoordig, het vroeër in sy slotbetoog gesê sy kliënt kon niks meer doen om die noodlottige ongeluk te vermy nie en moet vrygespreek word op die aanklagte teen hom.
  • Yusuf Baba, staatsaanklaer, het egter aangevoer Zuma het nie versigtig genoeg bestuur nie.
12 Jul. 10:21:10

AfriForum sê in 'n verklaring dié organisasie is tevrede dat Duduzane Zuma sy dag in die hof gehad het.

“AfriForum se doel was om seker te maak dat Zuma Jr. soos enige ander burger teen wie ’n prima facie-saak bestaan, sy saak vir beoordeling in ’n hof moet stel. AfriForum het in hierdie doelwit geslaag en berus by die hof se besluit,” sê Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.  

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie vir Zuma Jr. in verband met ’n motorongeluk op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng – waarin Phumzile Mekelina Dube, ’n jong vroulike passasier, op slag dood is – te vervolg nie. Nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid aansoek gedoen het om Zuma Jr. privaat te vervolg, het die NVG egter sy aanvanklike besluit omgekeer en vervolging ingestel.

12 Jul. 10:17:53

Oudpres. Jacob Zuma sê hy is baie tevrede met die uitkoms.

12 Jul. 10:17:42

Die landdros verdaag die hof.

12 Jul. 10:15:58

Zuma is dus onskuldig bevind op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en strafbare manslag.

12 Jul. 10:15:11

Thupaatlase: Ek aanvaar die verdediging se argument dat geen redelike bestuurder dit sou kon voorsien nie. Die beskuldigde het 'n padwaardige motor bestuur. Hy het teen omtrent 90 tot 100 km/h bestuur, wat ander getuies aangedui het voldoende was. Daar is geen getuienis wat hy sou moes doen om te verhoed het dat hy gly nie. Daarom het die hof bepaal die staat het versuim om te bewys dat hy nalatig was.

12 Jul. 10:13:42

Thupaatlase: Daar is geen getuienis dat hy sy spoed moes verminder het om 'n botsing te vermy nie. Daar is geen getuienis wat dui dat 'n vermindering in sy spoed 'n verskil sou maak nie, aangesien motors teen 'n redelike lae spoed op 'n nat pad kan gly. 

12 Jul. 10:10:19

Thupaatlase: Sou 'n redelike persoon kon voorsien dat daar 'n plas water in die pad was, wat sou veroorsaak dat sy motor gly? Dit was nag, die sigbaarheid was beperk. Die spoed blyk nie 'n faktor te wees uit die getuienis nie. Daarom kan daar nie redelik bepaal word dat Zuma gejaag het nie. Daar is geen getuienis wat die teendeel bewys nie. Die hof is gevra om nalatigheid te bewys.

12 Jul. 10:07:26

Thupaatlase: Uit die getuienis van Cronje, is daar bepaal dat voertuie op plasse water kan gly teen 'n redelike lae spoed.

12 Jul. 10:06:42

Thupaatlase: Die staat het bepaal die bande aan die Porsche was nie 'n goeie toestand nie, maar die hof verwerp dit. Uit die getuienis van Zuma is die bande redelik nuut, en het 'n kwitansie gewys.

12 Jul. 10:04:09

Thupaatlase: Die hof moet bepaal of die beskuldigde se optrede onder die omstandighede dié van 'n redelike mens was. Die hof moet ook bepaal of die beskuldigde kon voorsien dat sy optrede, of gebrek daaraan, tot iemand se dood of tot beserings kon lei. Die weerstoestande wat geheers sou 'n uitdaging vir menigde bestuurder wees. Uit die getuienis is bepaal dat die pad nat en vol water was. Volgens Zuma het hy sy spoed verminder gegewe die omstandighede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.