SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Hof
OORSIG: Hannah-moordenaars 'moet lewenslank sit'

Hannah Cornelius se pa en tante het vandag by die hooggeregshof in Kaapstad getuienis ter verswaring van haar moordenaars se straf gelewer. Volg Netwerk24 se regstreekse dekking hier. Die staat en verdediging het daarna slotbetoë gelewer. Die saak is tot Maandag vir vonnisoplegging uitgestel. 

  • Drie mans - Vernon Witbooi, Geraldo Parsons en Eben van Niekerk - is Woensdag skuldig bevind aan haar ontvoering, roof met verswarende omstandighede, haar verkragting, en haar moord.
  • 'n Vierde man, Nashville Julius, is skuldig bevind aan haar ontvoering en roof met verswarende omstandighede.
08 Nov. 12:59:13

Allie stel die saak uit tot Maandag om 14:00 vir vonnisoplegging. Die hof verdaag.

08 Nov. 12:55:25

Badenhorst sluit sy argumente vir vonnisoplegging af.

08 Nov. 12:54:20

Badenhorst: Hulle het net aan hulself gedink, nooit aan ander mense se belange nie. Die samelewing behoort dus teen hulle beskerm te word.

08 Nov. 12:51:55

Badenhorst: Dit mag dalk wees dat hulle geld vir dwelms gesoek het, maar as jy kyk na die bewyse is dit duidelik dat die dwelms wat hulle voor die tyd geneem het, nie hul kognitiewe funksies veel geraak het nie. Hulle het 'n doelwit tot sy einde probeer deurvoer en vervolging probeer vryspring. Hulle het selfs daaraan gedink om 'n kondoom te gebruik om die ondersoek te bemoeilik.

08 Nov. 12:49:46

Badenhorst verwys na die tatoeëermerke op Parsons in die bewysstukke wat glo sy rang in die 28-bende aandui, asook 'n tatoeëermerk wat "f*ck the cops" sê. Daar is ook 'n tatoeëermerk van 'n aap met 'n vrou se liggaam. Volgens Badenhorst dui dit daarop dat hy geen respek vir vroue het nie en hulle net as 'n bron van plesier beskou.

08 Nov. 12:42:07

Badenhorst: Dan is daar ook die moontlikheid dat Cheslin permanente skade kan ly en dit moet deur die hof oorweeg word.

08 Nov. 12:40:35

Badenhorst: Wat die poging tot moord op Cheslin betref, het hulle hom na die bos geneem en gesê hy wou mos nie sy bankkaart se pin verskaf nie. Dit beteken daar was 'n mate van voorbedagte rade.

08 Nov. 12:38:32

Badenhorst: As hulle van die begin af met die polisie wou saamwerk en bystand lewer, sou dit nog in ag geneem kon word.

08 Nov. 12:38:16

Badenhorst: Mense moet verantwoordelikheid vir hul dade neem en dit is duidelik nie die geval nie. As jy berou het, moet jy onomwonde jou skuld beken en aanspreeklikheid aanvaar.

08 Nov. 12:35:36

Badenhorst: As jy in ag neem hoe Hannah en Cheslin op daardie aand behandel is, moes dit 'n afgryslike ervaring gewees het. Hulle is aangeval deur 'n groep wat gewapen was en ons kan dit nie in ons strate toelaat nie. Dan het die groep ook nog die vermetelheid gehad om daarna te probeer steel.

Meer oor:  Hannah Cornelius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.