Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Hannah wou 'geraas maak' toe word sy gesteek
  • Die staat het Dinsdag sy saak in die verhoor gesluit. Vernon Witbooi, beskuldigde een, het ook sy saak gesluit sonder om enige getuienis te roep. Geraldo Parsons, beskuldigde twee, getuig Woensdag.
  • Cornelius en 'n mede-Matie-student, Cheslin Marsh, is op 26 Mei 2017 op Stellenbosch gekaap en ontvoer.
  • Marsh is ná 'n nagmerrierit aangerand en vir die dood agtergelaat.
  • Cornelius se lyk is op 27 Mei 2017 langs die pad naby 'n wynplaas buite Stellenbosch gevind. Sy is twee keer aan die linkerkant van haar nek gesteek voordat sy met 'n klip of klippe oor die kop geslaan is.
  • Vier beskuldigdes, Vernon Witbooi, Geraldo Parsons, Eben van Niekerk en Nashville Julius, staan tereg op aanklagte van die verkragting van en moord op Cornelius, asook poging tot moord op Marsh.
24 Okt. 16:04:19

Die saak is tot Maandag uitgestel. 

24 Okt. 16:04:00

Allie vra of die partye ná afloop van die getuienis gereed vir die slotbetoë sal wees. Sy sê sy sal bly wees as die hof teen Dinsdag op die laatste slotbetoë kan afhandel.

24 Okt. 16:01:59

Arend het geen herondervraging nie. Hulle gaan wel Parsons se meisie roep om te getuig.

Dudley (vir Van Niekerk) sluit sy saak. Scanlyn (vir Julius) sluit sy saak. 

24 Okt. 15:59:49

Badenhorst: Waaroor het jy gehuil?

Parsons: Oor die rape.

Parsons: Die feit dat ek 'n meisie en kinders het.

Badenhorst: Maar jy het nie die aand gehuil toe jy haar gerape het nie.

Parsons: Nee

Badenhorst: Ek stel dit aan jou julle het haar ge-gangrape in die bos.

Parsons: Ek stry nie.

Badenhorst het geen verdere vrae nie. 

24 Okt. 15:57:47

Badenhorst: Jy is steeds bereid om saam met hulle te gaan ná alles wat jy gesien het. Jy het jouself geassosieer met hulle. Jy aanvaar saam verantwoordelikheid.

Parsons: Ja

24 Okt. 15:57:01

Badenhorst: Witbooi het gesê toe julle weg is by Groenhof het hy 'n vuurwapen tussen jou bene gesien.

Parsons: Dis 'n leuen.

Badenhorst: Hy sê jy het die vrou in Kraaifontein gedreig om in die kar te klim.

Parsons: Hoe kon ek haar gedreig het as ek die driver was?

Badenhorst: Witbooi sê jy het vir hom gesê hy moet geld gaan trek.

Parsons: Dis 'n leuen. Hy het self gegaan.

24 Okt. 15:55:15

Badenhorst: Jy het gespog jy het eerste geseks.

Parsons: Nee, dis 'n leuen. 

Badenhorst: Maar jy sê self jy het eerste seks gehad.

Parsons: Ja, dis reg.


24 Okt. 15:53:52

Badenhorst: In die verklaring wat Witbooi gemaak het, het hy gesê jy het 'n vuurwapen by jou gehad?

Parsons: Dis 'n leuen.

Badenhorst: Hy het ook gesê jy het Cheslin in die bosse geneem.

Parsons: Dis 'n leuen.

Badenhorst: Jy was die een wat gesê het jy gaan seks hê met die meisie.

Parsons: Alles wat hy sê ek gesê het, het hy eintlik gesê. Sy verklaring is vals. 

24 Okt. 15:48:54

Badenhorst: Wie het Hannah se broek afgetrek waar sy gekry is?

Parsons: Die tyd wat sy geval het, het Vernon haar uit die paadjie getrek. Dit kon toe gebeur het.

Badenhorst: Het iemand weer met haar probeer seks hê?

Parsons: Nee

24 Okt. 15:47:19

Badenhorst: Ek probeer net vasstel. Toe julle by Groenhof wegry, nadat Witbooi en Van Niekerk vir Hannah doodgemaak het en nadat Witbooi vir Cheslin "doodmaak", hoe het jy gevoel oor om saam met die mense te wees?

Parsons: Skuldig gevoel, Meneer.

Badenhorst: Nie skuldig genoeg om nóg twee rowe te pleeg nie.

Meer oor:  Hannah Cornelius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.