Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Henri hoor lot op 23 April

Adv. Pieter Botha, Henri van Breda se advokaat, sal Woensdag sy betoog in die hooggeregshof in Kaapstad voortsit.

Botha sal na verwagting getuienis aanroer van dr. James Butler wat Van Breda getoets het vir epilepsie, hoe Van Breda as getuie gevaar het, sy eerste verklaring aan die polisie en ook die moontlike motief vir die aanvalle.

Henri van Breda

Botha het regter Siraj Desai Dinsdagoggend belowe hy sou die kwessie oor die motief bespreek in sy betoog nadat Desai hom uitgevra het daaroor.

Volgens die staat het niemand 'n rede gehad om die gesin aan te val nie en niemand was bewus van mense wat 'n wrok teen die gesin gehad het nie. Verder sal Botha die hof toespreek oor of die staat genoeg bewyse aangebied het om bo redelike twyfel te bewys dat daar nie 'n ander aanvaller was nie.

14 Feb. 15:30:52

Saak word uitgestel na 23 April vir uitspraak.

14 Feb. 15:30:09

Desai sê die saak is al 66 dae aan die gang en die hof het nou tyd nodig om deur al die getuienis te gaan.

14 Feb. 15:29:45

Oor Henri se epilepsie: Desai skerts en sê hy hou sy kleinkinders fyn dop nadat hy gesien het hoe Henri se duim as gevolg van die epilepsie ruk. 

14 Feb. 15:23:32

Dempers het ook hiermee saamgestem.

14 Feb. 15:23:21

Galloway gaan aan oor die wonde en hoe hulle die 5 cm wond gemeet het. Die dokter het gesê die wond kon 5 cm wees, maar die vorm kan veroorsaak dat die diepte anders is.

14 Feb. 15:21:16

Butler het ook net foto's gehad om sy bevindinge op te maak.

14 Feb. 15:20:55

Met betrekking tot die verdediging se patoloogverslag het dr. Reggie Perumal nie gesê Rudi kon alleen beweeg het nie. Hy het genoem dit kan moontlik wees maar nie as 'n feit nie.

14 Feb. 15:20:02

Die DNS op die byl werk beide kante toe, sê Galloway. Die staat se weergawe is dat hy die byl gebruik het om sy gesin te moor. Die verdediging sê hy het die byl afgevat. Op beide waarskynlikhede het hy die byl hanteer maar daar was geen DNS van Henri op die byl nie.

14 Feb. 15:18:38

Daar is verder ook nie 'n bloedspoor nie en die bloed teen die buitemuur is nie Marli se bloed nie.

14 Feb. 15:18:15

Galloway sê die byl het reeds die bloed van die res van die gesin opgehad en dit kan 'n verduideliking wees oor waarom Marli se bloed nie op die byl was nie. Marli is anders as die ander aangeval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.