Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Bygewerk 13:53
Oorsig
Hof
OORSIG: Geen DNS van Henri op oorledenes

Henri van Breda se regspan sal Dinsdag hul bes doen om die hof te oortuig dat hy nie sy ouers en broer met ‘n byl vermoor het nie.

Adv. Pieter Botha, Van Breda se regsverteenwoordiger, sal sy slotbetoog lewer nadat die staat sy betoog Maandag afgehandel het.

Henri van Breda

Van Breda voer aan dit was ‘n inbreker of inbrekers wat tussen 26 en 27 Januarie 2015 by hul gesinshuis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch ingebreek en byna sy hele gesin vermoor het.

Marli, sy jonger suster, is ook met die byl aangeval, maar sy het die aanval oorleef en ly aan geheueverlies. Volgens die staat kan sy niks van die voorval onthou nie en het ook nie in die verhoor getuig nie.

Die staat het Maandag tydens sy betoog gesê Van Breda het sy gesin vermoor, maar regter Siraj Desai, wat kort-kort vrae gevra het, wou in ‘n stadium weet wat Van Breda se motief sou wees indien dit hy is wat verantwoordelik is vir die aanvalle.

Die staat het gesê hulle kan nie spekuleer oor ‘n moontlike motief nie.

Van Breda het skuld ontken op drie aanklagte van moord, een klag van poging tot moord en een klag van regsverydeling.


13 Feb. 15:47:25

Die hof verdaag tot Woensdag.

13 Feb. 15:38:29

Botha sê die staat se patoloog het hul patoloog se verslag aanvaar. Dit is 'n groot rede waarom hy nie vir Perumal geroep het nie. Hy vra hoekom moet hy iemand roep wie se verklaring reeds in die hof aanvaar is. 

13 Feb. 15:37:25

Botha sê hy weet nie hoe om op Desai se opmerking te reageer nie.

13 Feb. 15:36:58

Botha sê dit was ook as gevolg van geld. Desai sê vir Botha dis die derde keer dat Botha die geldkwessie as 'n verduideliking gebruik.

Botha sê die regter plaas hom in 'n slegte posisie.

13 Feb. 15:36:00

Desai sê hy is verstom dat Botha sê hy het Perumal net oor een ding gekonsulteer.

13 Feb. 15:35:24

Die volgende punt is die lykskouingsverslae deur dr. Anthony.

Martin se beserings, wat in die verslag aangeteken is, stem ooreen met Henri se weergawe. Botha sê die staat maak 'n onnodige bohaai oor die feit dat die verdediging nie dr. Reggie Perumal geroep het nie. Botha vra hoekom moet hy Perumal roep as Anthony reeds sy verslag aanvaar het.

13 Feb. 15:31:57

Botha sê sy kliënt is die gelukkigtse persoon in die wêreld omdat die staat se DNS-getuienis sy weergawe ondersteun.

13 Feb. 15:30:46

Botha sê daar is 'n leemte wat hulle aan die hof wil uitwys. Die leemte wys dat daar geen DNS van Marli en Teresa op Henri gevind is nie.

Daar is ook geen DNS van Henri op die oorledenes nie.

13 Feb. 15:29:02

Botha vra waarheen neem hierdie bewyse 'n mens. Desai sê die staat hoef nie "so ver" te gaan om sy saak te bewys nie. 

13 Feb. 15:29:02

Botha vra waarheen neem hierdie bewyse 'n mens. Desai sê die staat hoef nie "so ver" te gaan om sy saak te bewys nie. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.