Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Longe en skedel wys Susan is verwurg

Dr. Deidré Abrahams, die staat se patoloog, het Maandag die sesde dag in die hooggeregshof in Kaapstad getuig oor Susan Rohde se beserings.

Susan se lyk is op 24 Julie 2016 in die badkamer van haar en haar man, Jason, se hotelkamer op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch gevind.

Jason word van moord aangekla, maar hy beweer sy vrou het haar eie lewe geneem.

Volg die saak hier. 

04 Des. 15:04:38

Die hof verdaag tot môreoggend. 

04 Des. 14:57:40

Van der Spuy sê hy wil sekere stellings aan Abrahams stel. Hy vra vir uitstel tot môreoggend. Die staat staan die versoek toe en die saak word tot 10:30 uitgestel. 

04 Des. 14:56:31

Van der Spuy besig om die "traumatiese besering" op die skyfie uit te wys en stel dit aan Abrahams dat sy nie haar anatomie ken nie. Abrahams ontken dit.

Die besering is van die tongbeentjie, sê Abrahams. 

04 Des. 14:50:30

Van der Spuy gaan voort om Abrahams te vra oor die tongbeentjie (dis 'n beentjie wat in die keel gevind word) en wys dit op 'n foto uit. Abrahams sê hy is verkeerd.

04 Des. 14:48:52

Nou word 'n foto van die tongbeentjie gewys. Abrahams sê op die linkerhoring was daar 'n besering, maar dit was nie gebreek nie. 


04 Des. 14:46:16

Nou sien die hof 'n foto van Susan se brein. Daar word ook beserings aangedui en Van der Spuy sê dit is nie beserings nie, terwyl Abrahams aanvoer dat dit wel beserings is. Abrahams sê dit dui ook aan dat Susan verwurg is. 

04 Des. 14:45:04

Van der Spuy wys nou 'n foto van die skedel onder die vel en die beserings op die skedel. Hy voer aan die beserings kom van die lykskouings.

Abrahams sê nee, die beserings wat mens op die skedel vind, kom in verwurgingsake voor. Dit lyk soos swart kolletjies op die skedel.

04 Des. 14:43:59

Van der Spuy sê die beserings op die long is as gevolg van mond tot mond asemhaling. Abrahams sê daar was beserings op die long en die bloed in longe dui aan dat dit voor haar dood aangebring is. Salie-Hlophe sê aan Van der Spuy dat hierdie vraag al baie keer beantwoord is. 

Van der Spuy sê dis sy opdrag om spesifiek oor die long te vra.


04 Des. 14:41:39

Van der Spuy vra oor die snywerk wat Abrahams aan die longe en ribbes gedoen het. Abrahams verduidelik dit. 

04 Des. 14:40:52

Die hof gaan voort met die verwysing na die foto's.

Meer oor:  Selfdood  |  Jason Rohde  |  Gesinsgeweld  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.