Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oorsig: Susan Rohde - kneusplekke 'wys mishandeling'
Jason Rohde

Die uitslag van die lykskouing op Susan Rohde gaan Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad in die fynste besonderhede bekend gemaak word wanneer die staatspatoloog dr. Akmal Coetzee-Khan gaan getuig.

Die getuienis sluit in 'n fotoalbum met meer as 200 foto’s van Susan se naakte lyk waar sy onder meer in die hotelkamer se badkamer op die koue vloer lê.

Die foto’s fokus veral op die merke aan haar keel – die merke wat die staat aanvoer wurgmerke is – en ander merke op haar lyk. 

Jason Rohde, haar man en vermeende moordenaar, voer aan dat sy haarself gehang het en ontken dat hy haar vermoor het. 

Meer oor:  Akmal Coetzee-Khan  |  Kaapstad  |  Rohde-Moordsaak
Regstreeks
Bygewerk: 11:58
12 Okt. 16:04

Die saak verdaag tot Maandag.

12 Okt. 16:03

Verder het Perumal ook nie verwys na die besering op haar linkerknie of die besering op haar regterknie wat besig was om gesond te word nie, sê Khan.

Adv. Van Der Spuy, vir Rohde, sê hy het 'n week nodig om te konsulteer met deskundige getuies voor hy met die kruisondervraging van Khan kan begin.

Van der Spuy vra of die verhoor intussen kan voortgaan, want hy wil nie die saak ophou nie. Adv. Louis van Niekerk, die staatsaanklaer, sê hy kan nog 'n getuie roep indien nodig. Die staat wil nie die hof se tyd mors nie. 

12 Okt. 15:56

Khan getuig Perumal het frakture aan Susan Rohde se ribbe gevind, maar nie aangedui wat sy mening is hoe dit daar gekom het nie.

12 Okt. 15:55

Nou verwys Khan na die kneusplekke aan Susan Rohde se duim, en dat Perumal geen verduideliking gegee het van die aard daarvan nie.

12 Okt. 15:52

Khan verwys na spesifieke merke en kneusplekke wat Perumal in sy verslag noem, maar sê daar is geen definitiewe verduideliking van hoe die besering ontstaan het of hoe lank dit daar is nie.

12 Okt. 15:50

'n Deel van Perumal se verslag. Foto: Maygene de Wee

12 Okt. 15:37

Khan sê hy het getuig daar was geen merk aan die agterkant van Susan Rohde se nek nie, terwyl Perumal se verslag sê daar was.

12 Okt. 15:35

Khan kritiseer Perumal se verslag verder en sê hy het nie die doodsvlekking getoets nie. Khan sê hy wonder of Perumal dit "maar net opsetlik weglaat".

12 Okt. 15:30

Khan getuig hy het al tweede lykskouings gedoen soos in Perumal se geval - waar versoeke van ander sentrums verkry is. Khan het al 12 tweede lykskouings gedoen. In die meeste gevalle word tweede lykskouings verwys na privaat forensiese patoloë.

12 Okt. 15:26

Khan sê daar is geen verwysing in Perumal se verslag na kneusplekke aan Susan Rohde se hande en gewrig nie. Die fraktuur aan haar skildklierbeen word nie genoem nie. Verder word daar ook nie verwys na die bloed in Susan Rohde se maag nie. 

Volgens Khan is daar belangrike bevindinge wat ontbreek. Perumal bevind Susan Rohde is dood aan verwurging - maar hy sê nie weens selfdood van hang of dat sy verwurg kon wees nie.

Perumal se verslag is glad nie spesifiek nie. Daar is ook geen verwysing of die koordmerk voor of na dood aangebring is nie.

12 Okt. 15:22

Perumal voer in sy verslag aan Susan Rohde het haarself aan die koord van 'n elektriese haartang gehang. Khan sê daar is geen bewys van  hoe Perumal aan die inligting gekom het nie. Khan het sy eie ondersoek gedoen en tot sy eie bevinding gekom nadat hy die geskiedenis van Susan en Jason gehoor het.

12 Okt. 15:20

Dr. Reggie Perumal se verslag.

12 Okt. 15:18

12 Okt. 15:17

Perumal se lykskouing is op 1 Augustus by Doves in Braamfontein gedoen.

12 Okt. 15:16

Perumal se verslag dui die tyd van dood aan as 08:00. Khan voer aan daar is geen aanduiding hoe Perumal daarby uitgekom het nie.

12 Okt. 15:12

Die staat verwys nou na dr. Reggie Perumal, 'n onafhanklike forensiese patoloog, se lykskouingsverslag.

12 Okt. 15:11

Khan sê met alles in ag genome is dit hoe hy tot sy bevinding gekom het dat Susan Rohde verwurg is met kaal hande.

12 Okt. 15:08

Daar was geen teken van dwelmmisbruik nie, getuig Khan.

12 Okt. 15:04

Nou getuig Khan ook oor 'n skaafmerk aan haar linkerskouer. Dit is sowat 20mm by 5mm groot.

Khan sê dit is 'n teken dat sy oor 'n growwe oppervlak gesleep kon gewees het. Dit kan wees dat sy oor die mat gesleep is waarvan die oppervlak redelik grof is. Die sleepmerk is nie kenmerkend van die verwurging nie.

12 Okt. 15:01

Khan getuig nou daar was 'n krapmerk aan regterkant van haar nek, wat 'n duimmerk is, met ander vingermerke verspreid aan haar nek. Dit is 'n teken van wurg met kaal hande. Dit kan wees van 'n slagoffer wat probeer het om self by die nek uit te kom, maar dan sou die patroon deurmekaar gewees het. In die geval van Susan Rohde was die vingermerke eweredig.


LoadingLaai Vorige Plasings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.