Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: ‘OB oorskry haar mandaat,’ beslis hof

  • Die konstitusionele hof sal Maandag uitspraak lewer oor of Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB) persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir ’n gedeelte van die koste in die hooggeregshofsaak waarin haar verslae oor die Reserwebank en die Absa-Bankorp-sage ter syde gestel is.
  • Die saak spruit uit ’n verslag wat Mkhwebane in Junie 2017 bekend gestel het waarin sy aanbeveel het dat Absa ’n bedrag van R1,125 miljard aan die Reserwebank moet terugbetaal. Dié bedrag was volgens haar ’n reddingsboei wat die Reserwebank in die apartheidsera aan Bankorp betaal het.
  • Absa het Bankorp later oorgeneem. Die Reserwebank en Absa het later ’n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om die verslag en die aanbevelings daarin ter syde te laat stel.
  • Die hof het in die banke se guns beslis en Mkhwebane is ook beveel om 15% van die Reserwebank se regskoste in haar persoonlike hoedanigheid te betaal. Die res moes deur haar kantoor betaal word.
22 Jul. 10:29:58

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die verrigtinge. 

Hou Netwerk24 dop vir meer. 

22 Jul. 10:23:32

Mkhwebane: Ek wil sê ek neem kennis van die beslissing. Dié beslissing, veral die meerderheidsbeslissing, sal 'n presedent skep vir toekomstige OB's. Ons het 'n uitdaging dat ek, wanneer ek my werk doen, 'n element van vrees het. Die minderheidsbeslissing gee hoop dat hulle kennis geneem het van die standpunt van die OB. Ons sal die beslissing bestudeer.

Ek het nooit onwaarhede onder eed kwyt geraak nie. Gee my 'n geleentheid om die dokumente te bestudeer.

Dit is duidelik dat ek te goeder trou opgetree het.

22 Jul. 10:20:06

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), toe sy vroeër Maandag by die konstitusionele hof in Johannesburg opgedaag het. Foto: Felix Dlangamandla

22 Jul. 10:18:57

Mkhwebane gaan nou die media toespreek.

22 Jul. 10:18:34

Die hof verdaag.

22 Jul. 10:18:25

Die Reserwebank se aansoek dat 'n verklaring gemaak moet word dat die OB haar magte oorskry het, word ook van die hand gewys.

22 Jul. 10:14:49

Regter: Die OB se aansoek word van die hand gewys.

22 Jul. 10:11:40

Regter: Dié hof sê die OB het versuim om te verklaar hoekom sy nie met die president en die staatsveiligheidsagentskap vergader het toe die ondersoek aan die gang was nie.

Die OB het heelwat onwaarhede in die sak geuiter. Die verslag was nie gebaseer op deeglike ekonomiese raad nie. Die kostebevel teen die OB staan dus, in die lig van die gedrag wat van amptenare verwag word.

22 Jul. 10:09:29

Regter: Die hof stem saam met die hooggeregshof dat sy haar mandaat oortree het, dat die ondersoek foutief was, en dat sy nie eerlik in die ondersoek was nie. Sy het misluk om met die partye in die verslag te vergader.

22 Jul. 10:09:07

Regter: Dié hof wys die OB se aansoek van die hand.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.