Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Oorsig: Hof eis minister moet kom verduidelik
Black Sash-lede betoog buite die konstitusionele hof in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Die konstitusionele hof lewer Vrydagoggend uitspraak in die Sassa saak wat 17 miljoen arm Suid-Afrikaners raak.

Die hof is gevra om in te tree toe dit duidelik word dat maatskaplike toelaes dalk nie in April aan behoeftiges betaal sal kan word nie.

In 2013, het die konstitusionele hof bevind dat die maatskaplike sekerheidsagentskap Sassa se kontrak met CPS (Cash Payment Services), wat die betalings van die toelaes behartig, onwettig is weens tenderonreëlmatighede.

Die hof het Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, in 2014 al beveel om ander reëlings vir die betalings te tref.

Dit is nooit gedoen nie en nou sit die regering met 'n krisis op hande.

Die organisasie Black Sash het intussen 'n dringende aansoek ingedien dat die konstitusionele hof 'n toesighoudende rol speel in die uitbetaling van maatskaplike toelaes.

Netwerk24 joernalis Claudi Mailovich het Vrydagoggend regstreeks uit die hof berig gedoen. 

17 Mrt. 10:34:41

Die minister is ook gevra om voor Vrydag, 31 Maart aan te dui hoekom sy nie in haar persoonlike hoedanigheid tot die saak gevoeg moet word nie - én hoekom sy nie persoonlik verantwoorbaar moet wees vir die uitspraak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.