Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Regter sê Rohde moet in tronk bly

  • Jason Rohde se dogter, Kathryn, het nie getuig soos verwag is nie.
  • Rohde het aansoek gedoen om vrygelaat te word op borgtog tot die saak in Februarie volgende jaar voortgaan. Die aansoek is geweier en hy bly in aanhouding in die Pollsmoor-gevangenis.
  • Rohde is skuldig bevind op aanklag van die moord op sy vrou Susan in Julie 2016.

06 Des. 16:01:59

Die hof verdaag tot 18 Februarie aanstaande jaar.

06 Des. 15:33:34

Regter Salie-Hlophe sê die feit dat die saak tot Februarie uitgestel word, maak dit nie anders nie.

Rohde bly in aanhouding. Hy is skuldig bevind aan 'n ernstige misdaad.

06 Des. 15:29:06

Rohde doen weer aansoek om borgtog noudat dit blyk dat die saak eers volgende jaar sal voortgaan.

06 Des. 15:17:59

Salie-Hlophe sê die hofsaak sal volgende jaar voortgaan. Kathryn sal dan  besluit of sy wil getuig.

06 Des. 15:17:31

Die hof begin weer.

Van der Spuy sê daar is nie genoeg vir Kathryn Rohde om te getuig nie.

Hy wil haar nie onder druk plaas nie.

06 Des. 15:12:59

Jason Rohde begin huil in die hof toe sy dogter in die getuiebank staan.

06 Des. 15:12:29

Die hof verdaag vir 5 minute nadat Van der Spuy daarvoor gevra het.

Hy sê hy wil nie vir Kathryn dwing om te getuig as sy dit nie wil doen nie. Hy wil dit eers uitklaar.

06 Des. 15:08:53

Die media mag nie vir Kathryn afneem terwyl sy getuig nie, word deur Salie-Hlophe beveel.

06 Des. 15:07:08

Regter Salie-Hlophe praat nou oor die teenwoordigheid van die media in die hof, en dat regspleging in die ope moet wees en so gesien moet word.

Die kwessie van Kathryn se getuienis is ook in dié verband in ag geneem.

06 Des. 15:05:57

Die regter sê die hof sal die uitspraak van die saak in ag neem, die pa van die getuie en die atmosfeer van die hof.

Sy sê Kathryn se getuienis sal traumaties vir haar wees.


Meer oor:  Jason Rohde  |  Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.