Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Regter sê Rohde moet in tronk bly

  • Jason Rohde se dogter, Kathryn, het nie getuig soos verwag is nie.
  • Rohde het aansoek gedoen om vrygelaat te word op borgtog tot die saak in Februarie volgende jaar voortgaan. Die aansoek is geweier en hy bly in aanhouding in die Pollsmoor-gevangenis.
  • Rohde is skuldig bevind op aanklag van die moord op sy vrou Susan in Julie 2016.

06 Des. 15:04:44

Salie-Hlophe sê sy sal besluit of Kathryn Rohde in camera mag getuig.

Sy sê dat die staat dit teenstaan.

Aan die ander kant vra Rohde en sy verdediging dat haar getuienis agter geslote deure moet wees.

Die regter verwys na ander uitsprake oor die kwessie van getuienis in camera.

06 Des. 15:02:14

Regter Salie-Hlophe sê sy gaan nou vir die rekord lees wat sy oor die getuienis van Kathryn Rohde besluit het.

06 Des. 15:01:11

Van der Spuy sê die bevel is gemaak toe Kathryn reeds volwasse was - ''en nou vra ons dat haar getuienis gelewer kan word soos in dié bevel."

Van Niekerk: "Met respek tot die bevel wat in daardie stadium gemaak is, sedertdien is dit so dat Rohde skuldig bevind is en die situasie het verander.

"As die getuie beseer kan word, kan die bevel staan, maar ek het niks gehoor dat sy beseer sal word op enige manier nie," sê Van Niekerk.

06 Des. 14:59:17

Van der Spuy sê hulle wil voortgaan om Kathryn Rohde as getuie te roep, maar daar moet by die bestaande bevel gehou word dat dit nie regstreeks uitgesaai word nie.


06 Des. 14:56:49

Die volgende datum op die hofkalender wat oop is, is eers op 18 Februarie.

Van der Spuy sê wat die getuienis van Kathryn Rohde betref, is daar 'n staande bevel dat dit nie regstreeks uitgesaai kan word nie, na aanleiding van 'n hofbevel in Oktober 2017.

Die staat wil egter hê dat haar getuienis uitgesaai word.

 

06 Des. 14:55:08

Die hofsaak sal dalk eers weer in Februarie aangaan en Van der Spuy sê hy wil graag aansoek doen om borgtog.

06 Des. 14:53:56

Van der Spuy sê hy wil graag vir Kathryn Rohde roep om te getuig. Hy wil egter nie hê dat haar getuienis onderbreek word nie.

Hy noem ook dat daar aansoek gebring gaan word dat sy in camera getuig.

Verder moet Rohde Donderdag nog teruggaan Pollsmoor toe.

06 Des. 14:52:41

Stollof se getuienis is klaar.

06 Des. 14:51:43

Stollof getuig 'n mens met woede is nie noodwendig gewelddadig nie.

Stollof sê ook dit is aaklig wat mense in verhoudings kan doen.

Wat in hul verhouding gebeur het, is aaklig, maar dit maak nie van Rohde 'n moordenaar nie.

 

06 Des. 14:48:16

Foto: Adrian de Kock

Meer oor:  Jason Rohde  |  Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.