Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Man sien Packham in motor klim, wegry

  • Die verhoor van Rob Packham van Constantia in Kaapstad, wat na bewering sy vrou, Gill (52), in Februarie 2018 vermoor het, gaan vandag voort in die hooggeregshof in Kaapstad.
  • Die staat voer aan Packham het haarvermoor en haar lyk in die kattebak van hul BMW versteek en dit aan die brand gesteek. Die voertuig is by die Dieprivier-stasie gevind.
  • Packham het skuld op die aanklag van moord op sy vrou ontken.
  • Dinsdag het twee van Packham se kollegas en die polisie getuig.
  • Nog twee van Packham se voormalige kollegas getuig vandag.
  • Packham was die algemene bestuurder by Twizza wat gaskoeldranke vervaardig.

Lees ook: Kollega ‘gevra om vir Packham te lieg’, hoor hof

13 Mrt. 14:25:23

Webster het net 'n paar aspekte met Gray uitgeklaar. Die hof verdaag tot môre om 10:30.

13 Mrt. 12:51:24

Die saak sal na etenstyd voortgaan.

13 Mrt. 12:51:15

Webster het die notas van die uitkenningsparade uitgehaal en aan Gray getoon. Hy het hom gevra hoekom dit hom 22 minute geneem het om die uitkenning te maak. Gray het gesê dit het hom 'n paar sekondes geneem, dalk 'n paar minute, maar nie 22 minute nie. Hy het gesê die 22 minute was die hele proses en dat dit die tyd insluit wat die klerk notas geneem het. Webster het toe dit aan Gray gestel dat Packham ontken dat hy hom in die BMW gesien het en dat hy daardie dag in sy wit Audi A5 rondgery het en sy vrou gesoek het. Gray het gesê hy dra geen kennis daarvan nie.

13 Mrt. 12:37:30

Webster handig koerantberigte van Voice aan Gray oor die berig van Packham wat in die hof verskyn het vir Gill se dood. Webster vra of Gray enige van die inligting in die nuus gesien het, en spesifiek 'n foto van Packham. Gray sê hy het nie berigte gesien nie. Webster sê dis hoogs waarskynlik dat hy van die mediaberigte gesien het omdat dit oral was. Gray sê aan regter Elize Steyn dat hy nie gemaklik is om die vraag te antwoord nie, omdat hy nie die berigte gesien het nie. Webster gaan voort om vir Gray te vra of dit redelik is om te sê dat Gary van die berigte gesien het. Gray antwoord deur te sê hy koop nie koerante nie. Webster stel dit aan Gray dat hy (Gray) foto's van Packham gesien het voordat hy die uitkenningsparade op 13 April gedoen het.

13 Mrt. 12:26:41

Tydens kruisondervraging het Gray erken dat hy baie vinnig vir Packham gesien het en toegegee dat hy nie die lank na hom gekyk het nie.

Adv. Craig Webster SC het dit aan Gray gestel dat hy nie 'n goeie beeld gehad het van wat in die voertuig gebeur het nie. Gray het gesê alhoewel dit nie duidelik was nie, kon hy die man sien sy hande op die stuur slaan.

13 Mrt. 12:08:09

Paul Gray (76) was op 22 Februarie 2018 aan diens toe hy om 14:00 begin patrolliewerk doen het.

Hy het ‘n groen BMW in Lucius-weg gesien, sonder ‘n persoon wat daarin sit. Gray het opgemerk dat die voertuig nie nommerplate gehad het nie. Hy het gedink dit is vreemd, maar het verby die kar gery.

Hy het sekondes later omgedraai en gesien hoe ‘n man, wat ‘n kortbroek gedra het, in die voertuig klim.

”Ek het na die kar gery omdat ek met die man wou praat. Ek het gedink daar kon iets fout wees en dat die nommerplate van die kar gesteel is,”’ het Gray gesê.

Toe hy by die kar kom, het hy gesien hoe die man sy hande teen die stuurwiel slaan en toe vinnig weggery het.

Gray het die voertuig gevolg waar dit in Boundaryweg ingedraai het en toe weer in Kendellstraat ingedraai het. 

Adv. Susan Galloway het Gray gevra of hy die man in die hof sien wat hy op die dag in die voertuig gesien het. Gray het uit die getuiebank geklim en in die hof rondgeloop om seker te maak hy maak die regte keuse nadat hy eers ‘n ander man, wat heel agter in die openbare galery gesit het, uitgewys het.

Gary het rondgeloop en toe sy hand op die beskuldigde se skouer geplaas.

13 Mrt. 11:44:40

Paul Gary, lid van die Bergfliet-gemeenskapsveiligheidsgroep, het begin getuig.

13 Mrt. 11:38:31

Die verrigtinge in die moordverhoor van Rob Packham hervat.

13 Mrt. 11:21:53

Gill se groen BMW is deur kameras afgeneem om 14:17 op 22 Februarie 2018. Foto: Jana Breytenbach

13 Mrt. 11:21:47

Gill se groen BMW. Foto: Jana Breytenbach

Meer oor:  Rob Packham  |  Constantia  |  Kaapstad  |  Kattebakmoord  |  Moord  |  Hof  |  Packham-Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.