Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: 2de ooggetuie herken Packham in Audi wat wegjaag
  • Rob Packham van Constantia in Kaapstad, wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou, Gill, in Februarie 2018 vermoor het, gaan voort in die hooggeregshof in Kaapstad.
  • Die staat voer aan Packham het haar vermoor, haar lyk in die kattebak van hul BMW versteek en dit aan die brand gesteek. Die voertuig is by die Dieprivier-spoorwegstasie gevind.
  • Packham was die algemene bestuurder by Twizza, wat gaskoeldranke vervaardig.
  • Hy ontken skuld.
  • Die verhoor het Maandag begin.
  • Oudkollegas en polisielede het reeds teen hom getuig.

Lees ook: Getuie sukkel om Packham uit te wys

14 Mrt. 11:50:32

Rob Packham en sy regsverteenwoordiger, adv. Craig Webster SC. Foto: Jaco Marais

14 Mrt. 11:49:15

Thomas het klaar getuig en word verskoon.

Die saak is tot Maandag verdaag, wanneer 'n forensiese antropoloog sal getuig.

14 Mrt. 11:44:12

Webster stel dit aan Thomas dat hy 'n fout gemaak het deur Packham uit te wys as die man wat hy die aand by die brandende kar gesien het.

Volgens hom (Webster) was sy kliënt dié aand by sy suster waar hy besig was om aandete te eet toe hy (Thomas) hom glo by die brandende kar gesien het.

Thomas het hierdie stelling ontken en gesê hy het nie 'n fout gemaak nie.

14 Mrt. 11:41:46

Rob Packham in die hof. Foto: Jaco Marias

14 Mrt. 11:41:01

Tydens kruisondervraging van adv. Craig Webster SC, Packham se regsverteenwoordiger, het dit aan die lig gekom dat Thomas in sy polisieverklarings die man as 'n mengsel van wit en bruin man beskryf, iemand lig van gelaat.

Thomas het ook geskat die bestuurder was tussen 30 en 35 jaar oud.

Webster het dit aan Thomas gestel dat daar verskeie mediaberigte was op die televisie, in die sosiale media en in koerante waar daar foto's van Packham en sy oorlede vrou was.

Thomas het deurlopend gesê hy gebruik nie sosiale media nie en lees nie koerante nie, maar hy het erken hy het ‘n foto van Packham gesien – een waar hy (Packham) se arm om Gill se skouer was.

Hy het hierdie foto gesien voordat hy die uitkenningsparade in April bygewoon het.

14 Mrt. 11:30:49

Rob Packham praat met sy regsverteenwoordiger, adv. Craig Webster SC. Foto: Jaco Marais

14 Mrt. 11:19:28

Rob Packham in die hof. Foto: Jaco Marais

14 Mrt. 11:18:51

Keenan Thomas, wat baie naby aan die Dieprivier-treinstasie woon, het getuig oor die aand wat hy en sy vriend, Lance Govender, die brandende voertuig langs die stasie gesien het. Hulle het die huis verlaat en die rook gesien. 

Thomas het vir sy ma gevra om die brandweer te bel. Hulle het in die straat uitgehardloop en 'n wit Audi tussen die bome gesien staan. Thomas het getuig hy het vir die man in die kar gewaai, omdat hy gedink het die man in die kar was eerste op die toneel en dalk het hy die polisie reeds gebel.

Hy het onder die lamppaal gestaan terwyl die voertuig begin ry het: "Die man in die kar het 'n ronde gesig gehad, en hy was skoon geskeer. Hy het baie aggressief gelyk, soos iemand wat reg is om te baklei," het hy getuig. 

Thomas het getuig dat hy en die man sowat ‘n meter van mekaar af was toe hy verby gery het. 

“Ons het vir mekaar gekyk en toe ry hy weg.” 

Thomas het twee maande later aan 'n uitkenningsparade deelgeneem en Packham as die man in die wit Audi wat die aand by die brandende kar was, uitgeken. 

Hy het ook Donderdag in die hof vir Packham uitgewys as die man wat die aand by die toneel was asook wat hy in die uitkenningsparade uitgeken het.

14 Mrt. 11:10:53

Rob Packham glimlag in die hof. Foto: Jaco Marais

14 Mrt. 11:01:18

Keenen Thomas word geroep en ingesweer. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Kattebakmoord  |  Gill Packham  |  Rob Packham  |  Constantia  |  Kaapstad  |  Hof  |  Packham-Moordverhoor  |  Gesinsgeweld  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.