Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: ‘Geen ouer moet sien wat ek gesien het nie,’ getuig ma in Dros-saak
  • Die verhoor teen Nicholas Ninow (21), vermeende Dros-verkragter, is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria voortgesit.
  • Die hof het Woensdag by die sewejarige meisie self gehoor wat op 22 September 2018 in die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, gebeur het.
  • Ninow het Maandag skuld beken op twee aanklagte van verkragting, een van die besit en/of gebruik van die dwelmmiddel Cat en regsverydeling deur die slagoffer se broekie in ’n toilet af te spoel.
  • Hy ontken skuld op aanklag van aanranding, waarin beweer word dat hy met sy gordel na die mense geslaan het wat hom met die meisie in die vrouebadkamer in ’n toilethokkie betrap het.
  • Die staat het nie die skuldbekentenis op die verkragtingsaanklagte aanvaar nie en die verhoor het begin.
11 Sep. 13:49:46

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die dag se verrigtinge. 

Hou Netwerk24 dop vir meer. 

11 Sep. 13:40:04

Ninow bly in aanhouding en die hof verdaag tot Donderdag. 

11 Sep. 13:39:55

Die aanklaer en prokureur spreek eers die hof toe oor sekere dokumente en verklarings.

Alberts sê die verdediging sluit ook hul saak.

Adv. Ngobeni, aanklaer, vra dat die saak na Donderdag oorstaan vir betoë voor die uitspraak.

Die regter vra of die partye regtig nie vandag kan voortgaan nie.

Albei sê hulle sal Donderdag beter voorbereid wees. 

11 Sep. 13:36:42

Die verrigtinge hervat. 

11 Sep. 12:32:16

Die hof verdaag tot omstreeks 13:30. 

11 Sep. 12:31:23

Adv. Ngobeni, aanklaer, sluit die staat se saak. Alberts vra dat die saak vir 'n rukkie afstaan sodat hy Ninow kan konsulteer.

11 Sep. 12:29:11

Herman Alberts, Ninow se prokureur, gaan die ma nou vrae vra.

Alberts vra die ma oor die oomblik toe sy stemme in die toilethokkie in die vrouebadkamer gehoor het.

Sy sê sy het eerste haar kind hoor roep "Mammie, help my", toe die ander stem wat sê hulle "pla" hom. Iemand het toe ook die toiletdeur van binne af toegedruk.

Alberts stel aan die ma dat Ninow nooit iemand met sy gordel geslaan het nie. Die ma hou vol dat hy die kinderoppasser geslaan het toe hulle die toilethokkiedeur oopgekry het.

Volgens die ma het Ninow die oppasser in die gesig geslaan, soos hy uit die hokkie gehardloop het. 

Die prokureur is klaar met sy kruisondervraging en die ma word verskoon. Die ma bedank die hof.

11 Sep. 12:23:49

Nicholas Ninow sit Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

11 Sep. 12:22:21

"Geen ouer moet sien wat ek daardie dag gesien het nie"

Adv. Dorah Ngobeni vra oor die kind: Die ma sê sy het net haar rompie aangehad. Sy het haar kind opgetel. Daar was bloed op die rompie en die kind het gehuil. Die ma het nie in daardie stadium gekyk waar die bloed vandaan kom nie, maar vermoed dat dit dalk van haar private deel kon kom.

Die ma se stem breek as sy vertel wat die emosionele gevolge van daardie dag was. Sy sê: "Geen ouer moet sien wat ek daardie dag gesien het nie. Ek het vir maande berading ontvang."

Die regter vra of die ma 'n oomblik wil afstaan. Sy antwoord dat sy wil voortgaan.

"Ek en my dogter sal met berading moet voortgaan sodat ons ordentelik kan genees," sê die ma. 

11 Sep. 12:16:29

Die aanklaer vra die ma verder oor die foto's waarin van die kind se kledingstukke sigbaar is.

Die ma sê toe Ninow sy eie klere in die vrouebadkamer gegryp en gevlug het, het hy ook haar kind se kledingstukke saam van die vloer af gegryp.

Die ma voeg by dat Ninow haar kind se kleinbroekie in die toilet afgespoel het.

"Ek het hom gevra hoekom hy dit gedoen het. Hy het nie geantwoord nie," sê die ma.

Die aanklaer vra die ma oor Ninow se gordel (met verwysing na die aanrandingsaanklag waarop hy skuld ontken). Die ma onthou dat hy, toe hy by die vrouebadkamer uitgehardloop het, 'n kelnerin daarmee geslaan het. Die ma dink dit was in die gesig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.