Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Dros-kelnerin wat Ninow betrap skree 'sluit die deure'
  • Die verhoor teen Nicholas Ninow (21) gaan voort in die hooggeregshof in Pretoria.
  • Ninow het Maandag in sy pleitverduideliking gesê hy het 'n sewejarige slagoffer op 22 September 2018 in ’n toilethokkie van die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, oraal verkrag en met sy vingers gepenetreer.
  • Ninow het Maandag skuld beken op twee aanklagte van verkragting, een van die besit en/of gebruik van die dwelmmiddel Cat en regsverydeling deur die slagoffer se broekie in ’n toilet af te spoel.
  • Hy het skuld ontken op ’n aanklag van aanranding, waarin beweer word dat hy met sy gordel geslaan het na die mense wat hom met die meisie in die vrouebadkamer in ’n toilethokkie betrap het.
  • Die aanklag van ontvoering waarin die meisie van haar bewegingsvryheid ontneem is, is teruggetrek.
  • Die staat het nie die skuldbekentenis op die verkragtingsaanklagte aanvaar nie en die verhoor het begin.
10 Sep. 12:26:39

Tweede kelnerin word gekruisondervra 

Die getuie word nou gekruisondervra.

Sy sê op 'n vraag van Herman Alberts, Ninow se regsverteenwoordiger, dat sy ongeveer 30 minute by die kinderoppasser in die speelarea was, voordat die slagoffer se ma na die kind kom soek het.

Regter Jonas Mosopa vra nou die getuie weer, en in detail, oor hoe Ninow glo na hulle met sy gordel sou slaan, waar elkeen van die betrokkenes gestaan het en hoe hulle die deur probeer oopdruk het.

Die getuie voeg nou by toe hulle teen die deur gedruk het, die meisie se ma na haar geroep het.

"Die kind het toe glo vanuit die toilethokkie geantwoord: "Mammie!".

Die getuie is klaar en word verskoon.

Die hof verdaag tot Woensdagoggend.

10 Sep. 12:18:12

Nicholas Ninow se ma, Chantelle, kyk na haar seun terwyl hy die hofsaal ná teetyd binnekom. Foto: Deaan Vivier

10 Sep. 12:14:41

Getuie skree 'sluit die deure'

Adv. Dorah Ngobeni, vir die staat, wys die foto-album met foto's van die badkamer en toilet aan die getuie.

Die kelnerin getuig die eerste toilet se deur was toe, want dit was buite werking.

Die tweede/middelste toilethokkie se deur was ook toe.

Die getuie sê hulle was drie kelnerinne, die ma en die kinderoppasser wat aan die tweede toiletdeur geklop het.

"Daar was geen antwoord of ander geluid nie."

Ook sy getuig hoe hulle aan die deur gedruk het en iemand van binnekant af teruggedruk het, totdat hulle die toiletdeur oopgekry en vir Ninow binne die hokkie aangetref het.

Sy getuig Ninow het na hulle geslaan met sy gordel, maar ook sy weet nie van iemand wat raakgeslaan is nie. Hy het, volgens die getuie, net een hou geslaan.

Die kelnerin getuig die ma het haar kind gegryp.

Die getuie het uit die badkamer gehardloop en geskree dat iemand die restaurant se deure moet toemaak.

"Ons het 'n man saam met 'n kind in die badkamer gevind. In my kop het ek gedink die man gaan dalk wil weghardloop," getuig sy.

10 Sep. 12:03:40

Tweede kelnerin getuig

Nog 'n kelnerin wat op 22 September 2018 by die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, aan diens was word deur die staat geroep om te getuig.

Sy het daardie dag om 08:00 begin werk.

Sy getuig sy het die beskuldigde gesien toe hy op daardie dag die restaurant omstreeks 17:00 binnekom.

Sy het ook die slagoffer, die sewejarige meisie, voor die toiletvoorval in die kinderarea gesien.

"Sy was saam met 'n klein seuntjie. Dit was 'n besige dag in die restaurant."

Die meisie se ma het na die speelarea gekom en na haar kind gesoek.

"Haar dogter was nie daar nie."

Die kelnerin weet nie wanneer die meisie uit die speelarea gegaan het nie.

Die kinderoppasser het aan die ma gesê haar dogter is badkamer toe.

Die ma het toe na die badkamer gegaan.

Die ma het kort daarna weer teruggekeer.

Sy het geskree: "I can't find my daughter! I can't find my daughter".

Die kinderoppasser het dadelik na die badkamer gegaan. Die ma het gesê sy kry nie haar kind nie, so die getuie is toe ook na die badkamer toe.

10 Sep. 11:56:37

Nicholas Ninow se ma, Chantelle, Dinsdag in die hof. Foto: Deaan Vivier

10 Sep. 11:54:14

Kinderoppasser word verder gekruisondervra

Herman Alberts, Nicholas Ninow se regsverteenwoordiger, gaan nou vrae aan die getuie stel oor haar polisieverklaring wat sy ná die voorval op 22 September 2018 afgelê het.

Die getuie het in haar verklaring gesê sy het eers gaan middagete eet en die kind het daarna na die badkamer gegaan. Die getuie ontken dit nou. Sy hou vol dat toe sy van middagete teruggekeer het was die seuntjie (wat saam met die meisie daar gespeel het) alleen. Die meisie was weg. Die meisie se ma het toe gekom en gevra waar haar dogter is.

Alberts stel Ninow se weergawe aan die getuie: Hy ontken dat hy so lank soos 15 minute (wat die getuie se etenstyd geduur het) saam met die slagoffer in die badkamer was.

Die getuie sê sy het gedink die kind het in die tyd wat sy met ete was dalk vir 'n tweede keer badkamer toe gegaan.

Alberts stel dit ook aan die getuie dat Ninow sal ontken dat hy na enigiemand met sy gordel geslaan het.

Die getuie het klaar getuig en word verskoon.

10 Sep. 11:50:48

Die hofverrigtinge hervat.

Die beskuldigde, Nicholas Ninow, word by die trappe op vanuit die hof se aanhoudingsel gebring.

Mense in die openbare galery staan regop om hom beter te kan sien.

Hofpersoneel moet die mense stilmaak toe regter Mokhine Mosopa, die voorsittende beampte, inkom.

10 Sep. 11:42:04

Nicholas Ninow se ma, Chantelle, omhels hom terwyl hy tydens teetyd na die hofselle begelei word. Sy ouma, Pauline Gericke staan by hulle. Foto: Deaan Vivier

10 Sep. 11:40:35

Nicholas Ninow praat met sy ma, Chantelle, en ouma, Pauline Gericke, op pad na die hofselle tydens teetyd. Foto: Deaan Vivier

10 Sep. 11:39:37

Nicholas Ninow se ma, Chantelle, en sy ouma, Pauline Gericke, sit in die hof op die tweede dag van sy verhoor in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Nicholas Ninow  |  Pretoria  |  Hof  |  Dros-Verkragting  |  Misdaad  |  Dros-Verkragtingsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.