Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Xander moet derde regspan aanstel ná dag van drama in hof
  • Xander Bylsma word aangekla van die moorde op Sharnelle Hough (16), sy voormalige meisie, en Marna Engelbrecht (16), sy kleinniggie. Albei was in gr. 11 aan die Hoërskool Stella.
  • Die twee boesemvriendinne se lyke is op Saterdag 26 Mei 2018 in hul koshuis by die skool gevind. Albei is verwurg en het ook ander beserings gehad wat daarop dui dat hulle waarskynlik aangeval is.
  • Bylsma se regspan is sedert die begin van Woensdag se verrigtinge besig met besprekinge. Eers het regter Ronald Hendricks tyd vir Xander se pa, Monté, gegee om met hom in die hofselle te praat. Daarna het die regspan met Xander gepraat en ‘n ruk later het die regspan met Monté onderhandel.
  • Ná Dinsdag se drama in Bylsma se verhoor, toe hy onder kruisondervraging beweer het die private speurder Chris Saunders was teenwoordig tydens die aflegging van sy bekentenis, lyk dit nou of sy regspan belangrike besluite moet neem.

Wat Woensdagoggend in die hof gebeur het:

  • Hofverrigtinge in die binneverhoor van Xander Bylsma was veronderstel om 10:00 in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, te begin, maar is vertraag deur onderhandelinge tussen Bylsma se regspan en die Bylsma-gesin.
  • Terwyl familie van die twee vermoorde meisies in die hofsaal gesit het, het Monté Bylsma eers met sy seun in die hofselle gaan praat. Nadat Bylsma kortliks in die getuiebank gesit het, is hy weer na die hofselle gebring waar sy regspan met hom gekonsulteer het.
  • Daarna het Bylsma se regspan met sy ouers, Monté en Mercia, gepraat buite die hof.
  • Omstreeks 14:30 het adv. Niven Rai in die hof opgestaan en gesê hy en sy kollega, Adriaan Janse van Rensburg, gaan onttrek weens 'n konflik van belange.
  • Bylsma het in die hof aangedui dat hy ‘n nuwe regspan wil aanstel en dat hy dit wel kan bekostig.
  • Regter Ronald Hendricks het die saak uitgestel.

15 Mei 14:24:14

Sharnelle se ma, Sonja, het vroeër vertel die meisies het mekaar geken vandat hulle twee jaar oud en saam in die Klim-en-Klouterkleuterskool in Vryburg was.

“Selfs die vier jaar wat ons in Botswana was, kon hul vriendskap nie beëindig het nie. Toe ons weer terug was in Suid-Afrika en hulle in dieselfde skool was, het hulle dadelik weer maats geword.”

15 Mei 14:23:06

Ronnie Hough, Sharnelle se pa, het vroeër in 'n onderhoud gesê sy dogter het “nie verdien om so te sterf nie”.

Hy bestuur ‘n voerkraal naby Delareyville.

Sharnelle, of Lallie soos haar geliefdes na haar verwys, het by Hough gewoon sedert haar ouers se egskeiding.

Hough het in die onderhoud destyds vertel hy het nog twee maande voor haar dood vir Sharnelle ‘n Pasola-bromponie geloop waarmee sy van die koshuis in Stella na die skool sou kon ry.

“Ek wou gehad het sy moet ‘n model word, maar sy het daarvan gedroom om ‘n fotograaf te word. Sy was mal oor foto’s neem, veral selfies van haar en Marna.”

15 Mei 14:14:59

Adv. Johan Smit SC, vir die staat, praat met Bylsma se advokaat, Niven Rai, en prokureur, Adriaan Janse van Rensburg. Foto: Susan Cilliers

15 Mei 14:14:31

Dit lyk of Bylsma huil waar hy in die beskuldigdebank sit. Sy kake is geklem. 

15 Mei 14:12:27

Adv. Niven Rai sit met sy kop in sy hand. Hy lyk moedeloos. Foto: Susan Cilliers

15 Mei 14:11:10

Xander Bylsma se advokaat, Niven Rai, praat nou met hom in die hooggeregshof in Mmabatho. Foto: Susan Cilliers

15 Mei 14:10:28

Sharnelle Hough wou 'n fotograaf word.

15 Mei 14:08:45

Marna Engelbrecht het daarvan gedroom om veearts te word.

15 Mei 14:07:21

Marna se ma, Rianet, is baie mediasku. Sy werk by 'n kleuterskool in Vryburg. Dié foto is met 'n vorige hofverskyning van Bylsma geneem.

15 Mei 14:06:09

Sal Bylsma se pa, Monté, nou wéér moet opdok vir 'n splinternuwe advokaat en prokureur? Dié foto is met 'n vorige hofverskyning geneem.

Meer oor:  Xander Bylsma  |  Marna Engelbrecht  |  Sharnelle Hough  |  Noordwes  |  Mmabatho  |  Stella-Moorde  |  Stella
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.