Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Stella-moorde - 'Worsman' vinnig in en uit hof

Xander Bylsma (19) word verdink van die moord op sy eksmeisie, Sharnelle Hough (17), en sy kleinniggie, Marna Engelbrecht (16).

Die twee meisies, wat albei in die Hoërskool Stella was, se lyke is einde Mei vroeg op ’n Saterdagoggend in die skoolkoshuis gekry. Albei is vermoedelik verwurg. Hul moordenaar wou dit moontlik laat lyk asof hulle hul eie lewe geneem het deur die toneel só te manipuleer dat dit gelyk het asof die meisies hulself gehang het.

Bylsma, wat verlede jaar in matriek was aan dieselfde skool, is ure ná die moorde in hegtenis geneem nadat hy sekere erkentenisse teenoor die polisie gemaak het. Hy is sedertdien in aanhouding.  

Ons verslagspan by die landdroshof in Vryburg het die verrigtinge gevolg waar Xander Bylsma vlugtig verskyn het. Simon Sonnekus doen verslag.

28 Sep. 10:04:43

Ná enkele oomblikke in die beskuldigdebank is die saak teen Xander Bylsma tot 12 Oktober uitgestel. Sy ma, Mercia Bylsma, het agter hom aangeroep: "Worsman!"

Hy bly in aanhouding.

28 Sep. 10:02:35

In dié saamgestelde foto is Xander Bylsma in 'n Facebook-foto van 2017, onder dit sy vorige hofverskyning op 6 Augustus en hoe hy vandag in die hof lyk, in 'n wit hemp en das. 

28 Sep. 09:59:36

Xander Bylsma het pas in die hofsaal aangekom. 

28 Sep. 09:46:48

Moolman Wessels, Xander se prokureur, het hom nou in die aanhoudingselle besoek. 

28 Sep. 09:36:22

Mercia Bylsma, Xander se ma, is weer by die landdroshof in Vryburg waar haar seun moet verskyn. Sy wag nou in die binnehof om hom te sien voordat hy van die selle na die hof geneem word. 

28 Sep. 09:32:49

Net 'n handjievol mense is reeds in die hofsaal waar Xander Bylsma moet verskyn. 

Van links in die hofsaal sit Stefaans Engelbrecht, Marna se pa, Ronnie Hough, Sharnelle se pa, Anna, Sharnelle se stiefma, en nog 'n familielid van Sharnelle, vermoedelik haar oupa.

Agter die meisies se gesinslede sit Monté Bylsma.

28 Sep. 09:20:01

Die saak het nog nie voorgekom nie. Buite die hof het Moolman Wessels, Xander se prokureur, vroeër gesê die saak sal in alle waarskynlikheid vir verdere ondersoek uitgestel word. Hy sê hy vermoed daar is dalk nog forensiese uitslae uitstaande. 

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê die polisie is nog besig met hul ondersoek en dat hulle nie nou meer inligting kan gee nie.

Intussen het landdros Christelle Matthews toestemming gegee dat die media foto's in die hof mag neem. 

28 Sep. 09:15:21

Die binnehof van die landdroshof in Vryburg begin voller raak. Gevangenes wat vir ander sake agterin 'n polisievangwa aangekom het, skree vir vriende in die aanhoudingselle. Een is gewis op soek na 'n sigaret. Hy skree herhaaldelik: "Gooi my' n ghwaai daar!"

28 Sep. 09:13:39

Marna en Sharnelle was vandat hulle twee jaar oud en saam in die Klim-en-Klouter-kleuterskool in Vryburg was, vriendinne. Dié hegte vriendskap het standvastig gebly selfs nadat Marna en haar gesin vier jaar lank in Botswana gebly het. 

In die foto is die donkerkop Marna en haar blonde vriendin Sharnelle.  

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.