Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Bylsma vrees glo vir sy ouers se veiligheid
Xander Bylsma (19) Foto: Deaan Vivier
  • Xander Bylsma (19) word sedert Dinsdag in die hooggeregshof in Mmabatho verhoor weens die moorde op Sharnelle Hough (17) , sy voormalige meisie, en Marna Engelbrecht (16), sy kleinniggie.
  • Die verdediging het Donderdag voortgegaan om Chris Saunders, die private speurder, te kruisondervra. Bylsma het na bewering gebieg teen Saunders. 
  • Die verdediging voer nou aan die privaatspeurder het hom voorgesê en dat hy bekentenis afgelê het omdat Saunders hom gedreig het. 
  • Dit het Woensdag, met die kruisondervraging van Saunders, aan die lig gekom Bylsma het glo tien keer sy gewone dosis medisyne vir angs geneem voordat hy 'n bekentenis teenoor Saunders afgelê het.
  • Die verdediging is besig met 'n binneverhoor om te bepaal of die bekentenis wat Bylsma afgelê het toelaatbaar is of nie.
  • Saunders se verhoor is Donderdag afgesluit. Daarna is kol. Corrie Kochlan ingeroep. Volgens Kochlan is al Bylsma se regte aan hom voorbehou. Bylsma het glo geweier om 'n prokureur en sy ouers aanwesig met die ondervraging te hê.
  • Die verdediging voer nou aan nie al sy regte is aan Bylsma voorbehou nie. 
  • 'n Tweede polisiebeampte het getuig oor die ondervragingsproses by die polisiekantoor.
  • Die saak is na Vrydag om 10:00 uitgestel.

Lees ook: Marna se pa wou glo speurder betaal

14 Mrt. 15:24:52

Die polisiebeampte het nou klaar getuig. Rai vra dat die saak na Vrydag 10:00 uitgestel word. Bylsma moet nou eers gekonsulteer word.

14 Mrt. 15:24:14

'Bylsma wou nie ouers daar hê'

"Ek het vir Kochlan gesê Bylsma wil nie sy ouers of 'n prokureur betrokke hê nie. Ek het die oproep oor Bylsma se pa en die prokureur se dienste gekry voordat ek Bylsma aan Kochlan oorhandig het. Bylsma het ná die oproep oor sy pa steeds gesê hy wil nie sy ouers of 'n prokureur teenwoordig hê nie."

14 Mrt. 15:19:49

Bylsma se pa het glo prokureur gereël

"Bylsma het Engels met my gepraat, hy het verstaan wat ek sê. Hy het gesê hy wil nie sy ouers betrokke, of 'n prokureur hê nie. Sy ouers was buite die speurders se kantore, hulle was naby. Terwyl ek besig was met die onderhoud, het ek 'n oproep gekry dat die beskuldigde se pa vir hom 'n prokureur gereël het. Kochlan het toe opgedaag. Hy en Bylsma is toe alleen na 'n kantoor. Ek het niks vir Kochlan gesê oor die saak nie, ek het Bylsma net aan hom oorhandig."

14 Mrt. 15:14:07

'Hy het erken hy het gemoor'

"Ek het die beskuldigde se regte aan hom voorgelees. Ek het vir Saunders gesê hy kan nou maar loop. Die regte wat ek verduidelik het, het ingesluit die reg tot 'n prokureur, stilswye ens. Ek het ook sy ouderdom bevestig, hy was ouer as 18. Hy het vir my gesê hy het twee wit. . . vermoor. Ek het 'n ander polisieman gebel omdat ek hulp nodig gehad het om in Afrikaans met die beskuldigde te praat. Toe hy aangekom het, het ek by hulle gebly. Bylsma het te kenne gegee hy wil 'n bekentenis aflê. Ek het kol. Kochlan gebel omdat hy nie van Vryburg was nie."

14 Mrt. 15:09:47

Beampte wou met Saunders praat

Die volgende getuie se naam kan nie duidelik gehoor word nie. Hy is 'n luitenant-kolonel in die polisiediens in Vryburg. Die beampte getuig nou: Hy is op 26 Mei 2018 na die Vryburg-polisiekantoor ontbied. Daar is hy ingelig hy moet help met 'n moordondersoek op Stella. Hy hoor toe ook Saunders wag by die polisiekantoor. Hy het hom daar gekry. "Saunders het vir my gesê hy het 'n moontlike verdagte by die polisiestasie. By die polisiestasie het ek Bylsma, en sy ouers aangetref. Ek het Saunders gevra om Bylsma na die speurders se kantore in Vryburg te neem, sodat ons privaat in 'n kantoor kon praat. "

14 Mrt. 15:06:13

Kochlan het nou klaar getuig. Smit roep nou 'n volgende polisiebeampte om te getuig.

14 Mrt. 15:05:56

'Slegs 78% vrae aan Bylsma gestel'

Rai sluit sy kruisondervraging af. Smit staan op, hy herondervra nou. Hy vra Kochlan nou uit oor hoe lank dit geneem het om die bekentenis af te lê. Dit was omtrent 'n uur en 20 minute.

Smit: Ek het nou getel, van die 35 vrae wat in die dokument is, beweer Rai jy het 27 nie gevra nie. Is dit moontlik? Dis 78% van die vrae.

Kochlan: Nee.

14 Mrt. 14:55:56

Bylsma het glo vir sy ouers se veiligheid gevrees

Rai: Bylsma het eers aan die einde van die bekentenis gesê hy wil nie sy ouers betrokke hê nie omdat hy vir hul veiligheid vrees. Jy het toe 'n ander pen gevat en ingeskryf hy wil nie sy ouers daar hê nie.

Kochlan: Nee, dis nie waar nie, die oorspronklike pen was stukkend en ek het daarom toe met 'n ander pen begin skryf. Ek het dit al verduidelik.

14 Mrt. 14:54:36

Getuienis 'afgejaag'

Rai: Ons sê jy het gejaag omdat jy op 'n sekere plek geteken het waar jy nie moes nie. Kochlan: Die beskuldigde het op elke bladsy geteken, behalwe die plek waar ek (foutiewelik) geteken het.

Rai: Dis omdat jy die bekentenis afgejaag het, dis ook hoekom jy nie al die vrae aan hom gestel het nie.

Kochlan: Dis nie waar nie, kyk maar hoe lank dit geneem het.

Rai: Jy het nie die verklaring aan hom teruggelees nie.

Kochlan: Ek het, ek het my volle aandag gegee, al het ek 'n fout gemaak (met die handtekening).

14 Mrt. 14:51:33

Xander Bylsma (19), Ronnie Hough, pa van Sharnelle, (middel) en Stefans Engelbrecht, pa van Marna (agter). Foto: Deaan Vivier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.