Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: NVG, aktiviste reageer op uitspraak in Dros-saak

  • Regter Mokhine Jonas Mosopa lewer in die hooggeregshof in Pretoria uitspraak in die saak teen Nicholas Ninow (21).
  • Ninow het verlede week in sy pleitverduideliking skuld beken op twee aanklagte van verkragting in verband met 'n voorval op 22 September 2018 toe ’n sewejarige meisie in die vrouebadkamer van die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, verkrag is.
  • Hy het ook skuld beken op aanklagte van die besit en/of gebruik van die dwelmmiddel Cat, en regsverydeling omdat hy die meisie se broekie – ’n bewysstuk – in die toilet afgespoel het.
  • Hy het skuld ontken op ’n aanklag van aanranding op twee Dros-werknemers.
16 Sep. 12:16:09

NVG reageer op uitspraak

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Gauteng, verduidelik die staat het die kind laat getuig juis om te bewys dat Ninow nie op die ingewing van die oomblik opgetree het tydens die verkragting nie.

"Die beskuldigde het ook nie getuienis aangebied wat die kind se weergawe weerlê het nie," sê sy.

16 Sep. 12:14:41

Reaksie op uitspraak:  Women & Men Against Child Abuse

Michiel Jacobsz van die organisasie Women & Men Against Child Abuse sê hulle is tevrede met die uitspraak, maar sou graag wou hê dat die mediese verslag oor die meisie se beserings uitgelees word, sodat mense die 'volledige prentjie' van die erns van die voorval kon hê.

16 Sep. 12:06:20

Reaksie op uitspraak: #NotInMyName

Themba Masango van die vroue- en kinderregteorganisasie #NotInMyName sê hulle is tevrede met die uitspraak. Hul verstaan dat daar geen getuienis was om Ninow op die aanklag van aanranding skuldig te bevind nie. "Ons is dankbaar oor die bevinding dat hy (Ninow) die verkragting beplan het," sê hy.

16 Sep. 12:05:22

Nicholas Ninow (21) kort nadat regter Mokhine Jonas Mosopa Maandagoggend uitspraak gelewer het. Foto: Deaan Vivier

16 Sep. 11:46:16

Lede van die EFF staan buite die hooggeregshof in Pretoria waar uitspraak pas gelewer is in die saak teen Nicholas Ninow (21), die Dros-verkragter. Foto: Deaan Vivier

16 Sep. 11:32:46

Die saak word uitgestel na 16 en 17 Oktober. Die gehoor skree vir Ninow - "vrot in die tronk!"

16 Sep. 11:31:18

Herman Alberts, Ninow se regsverteenwoordiger, sê hy wil graag 'n proefbeampteverslag, sowel as een van 'n sielkundige, ontvang voordat hy ter versagting van vonnis kan betoog. Die staat gaan ook 'n slagofferimpak-verslag aanvra.

16 Sep. 11:29:43

Die regter behandel nou die aanklag van aanranding waarop Ninow skuld ontken het. Hy sê die klaagster se ma het 'n " totaal verskillende" weergawe as die werknemers gegee. Dus: Skuldig aan verkragting, besit van dwelms en regsverydeling. Onskuldig op die aanklag van aanranding.

16 Sep. 11:28:05

Mosopa verwerp Ninow se weergawe. Hy bevind dat Ninow wel nader aan die speelarea geskuif het, die meisie daar gesien het, en toe gesien het hoe sy na die badkamer gegaan het. Mosopa bevind dat Ninow die kind soontoe gevolg en verkrag het.

16 Sep. 11:25:52

Nicholas Ninow (21) kom vroeër Maandag die hooggeregshof in Pretoria binne. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Nicholas Ninow  |  Pretoria  |  Dros-Verkragter  |  Dros-Verkragting  |  Dros-Saak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.