Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Rohde het sy vrou vermoor, bly agter tralies

  • Uitspraak word gelewer in die moordverhoor van Jason Rohde.
  • Hy staan tereg vir die moord op sy vrou, Susan, wat die naweek van 24 Julie 2016 by die Spier-landgoed dood is.
  • Hy word ook daarvan aangekla dat hy die toneel gemanipuleer het om dit te laat lyk asof Susan haar eie lewe geneem het.
  • Regter Gayaat Salie-Hlophe is die regter in die verhoor, adv. Louis van Niekerk kla aan en Rohde word deur adv. Graham van der Spuy verdedig.
08 Nov. 11:54:05

Die regter sê dit is ondenkbaar dat Rohde op borgtog vrygelaat word.

Dit is 'n baie ernstige misdaad waaraan hy skuldig bevind is.

Salie-Hlophe sê Rohde bly in aanhouding en die saak word uitgestel tot 21 November.

Hy word weer met die trappe uit die hof gelei na die aanhoudingselle.

08 Nov. 11:52:26

Regter Salie-Hlophe sê daar is toe gevra dat Rohde ses weke se behandeling nodig het, maar toe sy die saak in die hof geopper het dat sy hom dan sou moes verwys vir observasie deur die staat, het sy houding verander.

Hy het toe baie gou herstel en het selfs die kliniek verlaat voor die datum wat deur die regter gestel is.

08 Nov. 11:50:40

Regter Salie-Hlope gee nou haar bevinding oor die aansoek om borgtog.

Sy sê die status van Rohde het nou verander. Hy is skuldig bevind en is nou 'n misdadiger wat skuldig bevind is.

Dit is nie so dat hy 100% by sy borgtogvoorwaardes gehou het nie.

Rohde wou 'n hofbevel gehad het toe hy by 'n kliniek behandel is, dat hy op daardie dag hof toe moes kom.

Sy dokter het nie toe gesê dat Rohde nie in staat was om by die hof te wees nie, maar dat hy nie wou gaan nie.

08 Nov. 11:48:06

Die staat staan die aansoek om borg teen.

Adv. Louis van Niekerk sê dit is baie ernstige klagte.

08 Nov. 11:47:17

Van der Spuy sê Rohde het hom tot nou goed gedra toe hy op borgtog was.

Hy het 'n eiendom in Plettenbergbaai, hoewel dit swaar belas is met skuld.

Hy hou nie 'n vlugrisiko in nie.

Hy het 'n dogter in haar tweedejaar op universiteit en tweelingdogters wat vandag met hul matriekeksamen begin.

Sy paspoorte is in die besit van die polisie, sê Van der Spuy.


08 Nov. 11:44:34

Die verdediging vra ook dat die hof tot 21 November uitgestel word.

Van der Spuy sê Rohde gaan vra vir verlof tot aansoek van 'n aansoek om appèl.

Die regter sê sy gaan nie nou die kwessie van 'n moontlike aansoek om appèl toelaat nie, slegs die kwessies van Rohde se aansoek om op bortog vrygelaat te word.

08 Nov. 11:42:46

Van der Spuy vra dat Rohde op borgtog vrygelaat word tot vonnisoplegging.

08 Nov. 11:41:36

Van der Spuy sê hy gaan getuies roep ter versagting van vonnis.

08 Nov. 11:40:44

Die hof begin weer.

08 Nov. 11:39:41

Die hof verdaag op versoek van adv. Graham van der Spuy, Rohde se regsverteenwoordiger, vir 'n paar minute.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.