Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Pa slaan glo polisiebeampte ná Xander se skuldigbevinding
  • Xander Bylsma is Maandag in die hof skuldig bevind aan die moord op sy eksmeisie Sharnelle Hough en sy kleinniggie Marna Engelbrecht van Stella.
  • Bylsma (20) het op 26 Mei 2018 Hough (17) en Engelbrecht (16), vermoor. Die twee boesemvriendinne is in die meisieskoshuis van die Hoërskool Stella verwurg.
  • Regter Ronald Hendricks het in sy uitspraak in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, gesê hy verwerp Bylsma se getuienis heeltemal omdat daar onder meer klomp teenstrydighede in sy getueinis was.
  • Hendricks het ook gesê hy aanvaar Bylsma se bekentenis en uitwysings wat hy kort na die moorde gedoen het omdat hy besonderhede gegee het wat hy net sou weet as hy by die moorde betrokke was. Bylsma ontken dat hy die twee meisies vermoor het.
  • Kort voor die hof verdaag het, het die staat se advokaat, adv. Johan Smit SC, gesê Monté Bylsma, Xander se pa, het ná die skuldigbevinding vir kapt. Marcus Ferreira, die ondersoekbeampte, in die gesig geslaan.
  • Die saak sal Dinsdag weer aangehoor word om kwessies oor die vonnisverrigtinge uit te klaar.
17 Feb. 12:41:26

Hiermee sluit Netwerk24 sy regstreekse dekking. Hou Netwerk24 dop vir volledige berigte. 

17 Feb. 12:38:40

Adv. Johan Smit SC, sê Monté Bylsma het ná die skuldigbevinding vir kapt. Marcus Ferreira, die ondersoekbeampte, in die gesig geslaan en vir die private speurder Chris Saunders gedreig "hy gaan vir hom kom."

Regter Hendricks sê die betrokke partye kan dit verder neem. Die saak word tot Dinsdag uitgestel. 

17 Feb. 12:37:08

Adv. Sakkie Nel, Xander se regsverteenwoordiger, sê hy het gedurende die verdaging met Bylsma gepraat. Bylsma het versoek dat 'n voorvonnisverslag opgestel word. Maatskaplike werkers ondersoek 'n oortreder se omstandighede in so 'n verslag en maak 'n aanbeveling oor die vonnis. Nel vra dat die saak tot Dinsdag oorstaan sodat hulle intussen kan kyk na 'n datum waarheen die vonninsverrigtinge uitgestel kan word. Die staat het nie 'n beswaar nie.

17 Feb. 12:33:55

Die verrigtinge hervat.

17 Feb. 12:17:24

Xander Bylsma praat met sy ma, Mercia. Foto: Felix Dlangamandla

17 Feb. 12:16:07

Xander Bylsma praat met sy ma, Mercia, nadat hy skuldig bevind is. Foto: Felix Dlangamandla

17 Feb. 12:15:29

Xander Bylsma se ma, Mercia, huil nadat hy skuldig bevind is. Langs haar sit haar pa en Bylsma se oupa, John Tupach. Foto: Felix Dlangamandla

17 Feb. 12:06:11

Xander Bylsma in die beskuldigdebank nadat hy skuldig bevind is aan albei moorde. Hy het gesê hy het nie nou "kommentaar wat saakmaak nie" en dat kommentaar eerder van sy pa gekry moet word. Foto: Susan Cilliers

17 Feb. 11:58:33

Adv. Johan Smit SC, vir die staat, het ná Bylsma se skuldigebevinding gesê hy is bly vir die meisies se families se onthalwe dat geregtigheid geskied het. Ronnie Hough, Sharnelle se pa, sê hulle is verlig dat Bylsma skuldig bevind is.

17 Feb. 11:57:59

Kapt. Marcus Ferreira, ondersoekbeampte, en kol. Corrie Koghlan, wat Bylsma die bekentenis afgeneem het, is ook by die hof. Foto: Susan Cilliers

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.