Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Rob Packham is skuldig

  • Rob Packham (58) word daarvan aangekla dat hy sy vrou, Gill, tussen 21 en 22 Februarie 2018 by hul huis in Constantia, Kaapstad, vermoor het en haar lyk in die kattebak van haar motor by die Dieprivier-treinstasie verbrand het.
  • Regter Elize Steyn sal na verwagting Maandag uitspraak lewer in dié saak in die hooggeregshof in Kaapstad.
  • Die staat voer aan Packham het Gill met ’n stomp voorwerp geslaan. Hy het dit glo gedoen omdat hy onder druk was weens sy huwelik en ’n buite-egtelike verhouding met Persoon X, soos die hof haar noem.
  • Packham ontken al die aanklagte teen hom en het in sy verhoor gesê dit was moontlik kapers wat sy vrou buite hul huis gekaap het.
20 Mei 15:42:39

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van Maandag se verrigtinge. 

Hou Netwerk24 dop vir meer. 

20 Mei 15:39:03

Steyn sê die saak word tot Dinsdag om 10:00 uitgestel vir bespreking oor die pad vorentoe. 

Packham bly in aanhouding tot dan. 

Die hof verdaag. 

20 Mei 15:31:25

Die hof verdaag vir 5 minute sodat die regspanne met die regter kan gaan praat. 

20 Mei 15:30:12

Steyn: Die beskuldigde het nie opgetree soos iemand wat besorg is oor sy vrou wat vermis is nie. Hy het nie emosie getoon nie. Hy is 'n leuenaar, veral oor sy huwelik en die buite-egtelike verhouding. Hy het getuig hulle het baie vordering gemaak in die huweiksberading terwyl hy nog voortgaan met die verhouding. Hy is bedrieglik en selfsugtig. 

Ek stem saam met die staat in aspekte. In 'n finale opsomming van die getuienis, die afleiding is dat die beskuldigde skuldig is - sy weergawe kan nie bo redelike twyfel waar wees nie - hy is die een wat sy vrou vermoor het en sy vrou se lyk in die motor uitgebrand het om van die bewyse ontslae te raak. 

Steyn: Ek bevind jou skuldig aan moord en regsverydeling.

20 Mei 15:27:47

Rob Packham sit Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

20 Mei 15:26:19

Steyn sê vir Packham hy moet opstaan. 

Sy is besig met die evaluasie van die getuienis.

20 Mei 15:25:50

Steyn: Packham het ten sterkste die staat se betoog ontken. 

Steyn bevind al die staatsgetuienis was geloofwaardig en dat die getuienis deur ander getuienis ondersteun word.

Gray en Thomas se getuienis veral, juis omdat dit betwis is. Albei die ooggetuies het hom gesien, en die uitkenningsparade waaraan hulle deelgeneem het, bevestig hull getuienis. Ek is tevrede met die getuienis oor die uitkenningsparade. 

Lodewyk se getuienis is as eerlik en geloofwaardig beskryf. 

20 Mei 15:24:09

Steyn: Oor Kenan Thomas se getuienis, dat hy Packham en sy motor by die toneel gesien het, het Packham gesê dis fantasie en nie waar nie.

Die staat het aangevoer Packham het sy vrou die oggend met 'n stomp voorwerp geslaan omdat hy in 'n moeilike posisie was oor sy buite-egtelike verhouding. Die staat het aangevoer dat Packham haar vermoor het en haar lyk na die toneel geneem het in haar motor. Dit verduidelik waarom hy nie sy vrou by die polisie as vermis aangemeld het nie, en ook hoekom hy nie by die ondersoek betrokke was nie. 

20 Mei 15:16:57

Rob Packham sit Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad. Hy word beskuldig van die moord op sy vrou, Gill. Uitspraak word tans gelewer. Foto: Jaco Marais

20 Mei 15:16:08

Steyn: Daar is 'n tekort aan belangstelling om uit te vind wat met sy vrou gebeur het. Hy was nie baie betrokke by die ondersoek nie en het eerder sy inligting by sy kinders gekry.

Sy gesette houding het naby aan die einde van sy kruisondervraging verdwyn. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.