Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Dros-saak 'ingewikkeld', regverdig meer kundiges

    – Nicholas Ninow word daarvan beskuldig dat hy ’n sewejarige meisie op 22 September in die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, verkrag het.

    – Hy het die meisie na bewering na die vrouebadkamer agtervolg en haar in een van die toilethokkies vasgekeer.

    – Ninow word ook van die besit van dwelms aangekla.

    Lees ook: Vermeende Dros-verkragter voorlopig na Weskoppies

01 Nov. 08:42:16

Hofpersoneel en polisielede vergader binne die hofsaal waar Nicholas Ninow gaan verskyn. Foto: Hanti Otto

01 Nov. 08:40:55

EFF reg om te betoog

EFF-ondersteuners het by die hof begin aankom. Foto: Murray Louw

01 Nov. 08:39:04

Beperkte toegang tot hof

Riaan du Plessis, Nicholas Ninow se prokureur, kan nie by die hofsaal ingaan nie. Hy verduidelik dat hy verward is, want hy is die beskuldigde se regsverteenwoordiger, maar ander hofpersoneel en lede van die nasionale vervolgingsgesag staan in die hofsaal rond. Du Plessis verduidelik dat hy moet ingaan om gereed te maak. 'n Polisiekolonel kom praat met veiligheidspersoneel. Du Plessis word saam met die kolonel ingelaat.

01 Nov. 08:27:38

Baie betogers, insluitende lede van die DA, ANC-vroueliga en EFF, word Donderdag by die landdroshof in Pretoria verwag. Francis Baard-straat is omstreeks 08:30 vir verkeer gesluit terwyl 'n klein groep EFF-ondersteuners buite die hof bymekaar gekom het.

Meer oor:  Nicholas Ninow  |  Dros-Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.