Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: Marcel se vonnis is hartseer, sê stiefma

  • Cecilia Steyn (38) is Maandag tot 13 keer lewenslank plus 139 jaar gevangenisstraf in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.
  • Cecilia is saam met Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21) gevonnis. Die hof het bevind Cecilia het ‘n groep rampokkers bestuur wat godsdiens misbruik het om te moor en geld uit mense te swendel. Hulle is in Junie vanjaar skuldig bevind aan onderskeidelik 32, 22 en 21 klagte, wat 11 wrede moorde oor vier jaar insluit.
  • Hoewel Valentine vroeër losgekom het op vier van die moorde, is hy ook Maandag tot 8 keer lewenslank plus nog ‘n spul jare gevangenisstraf vir sewe moorde en rampokkery gevonnis.
  • Marcel, die jongste lid van die bende, sit 7 keer lewenslank plus oor die honderd jaar, wat straf vir agt moorde insluit.
19 Aug. 13:12:28

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die dag se verrigtinge. 

Hou Netwerk24 dop vir meer. 

19 Aug. 13:10:06

Hannelie Scheepers, Marcel Steyn se stiefma, sê hulle is teleurgesteld omdat die hof nie al die versagtende omstandighede in ag geneem het nie. 

"Ek is seker dat Marinda (Marcel se ma) 'n groot rol gespeel het met haar manipulasie en intimidasie ten opsigte van Marcel."

Scheepers sê sy sou graag wou hê dat die hof meer gefokus het op die feit dat Marcel getuig het in die hof en "baie van die legkaarstukke bymekaar gesit het."

"Ek is doodseker daarvan dat Marcel teen haar vonnis moet appelleer, indien sy nie reeds het nie. Ons moet kyk wat dalk gebeur in 'n ander hof."

Scheepers sê dit is vir haar hartseer dat die regter nie al Marcel se omstandighede in ag geneem het nie, soos hoe sy grootgeword het. 

"Haar ma het haar afgesonder van almal. Watter keuse het sy gehad? Moes sy haar tasse pak en in 'n karretjie klim? Waantoe sou sy gegaan het?"

19 Aug. 12:59:54

Marcel Steyn (21) word in die Johannesburgse hooggeregshof na die selle gelei nadat sy gevonnis is. Marcel, die jongste lid van die bende, sit 7 keer lewenslank plus oor die honderd jaar, wat straf vir agt moorde insluit. Foto: Deaan Vivier

19 Aug. 12:46:32

Zak Valentine (34), glimlag terwyl hy na die selle geneem word nadat hy Maandag gevonnis is in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

19 Aug. 12:43:21

Zak Valentine, Cecilia Steyn en Marcel Steyn staan in die hooggeregshof in Johannesburg tydens hul vonnisoplegging. Foto: Deaan Vivier

19 Aug. 12:40:49

Die ondersoekbeampte, kapt. Ben Booysen, was ook Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg toe Cecilia Steyn, Zak Valentine en Marcel Steyn gevonnis is. Foto: Deaan Vivier

19 Aug. 12:34:49

Familielede van die oorledenes klap hande in die hof vir die ondersoekbeampte nadat die drie Krugersdorp-moordenaars lewenslank tronk toe gestuur is. Foto: Deaan Vivier

19 Aug. 12:33:54

Familielede van die oorledenes omhels mekaar in die hof nadat Cecilia Steyn, Zak Valentine en Marcel Steyn Maandag gevonnis is. Foto: Deaan Vivier

19 Aug. 12:32:45

Kezia McAlpine, vrou van die vermoorde Kevin, word deur Cecilia Schofield omhels nadat Marcel Steyn (21), Cecilia Steyn (38) en Zak Valentine (34) Maandag gevonnis is in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

19 Aug. 12:12:44

Emosies in die hof loop oor. Die mense in die galery het die ondersoekbeampte luidkeels bedank en vir hom hande geklap.

Hulle druk mekaar en huil. 

Talle mense het die beskuldiges uitgejou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.