Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
OORSIG: 'Ek kon hoor Hannah was baie bang'

  • Die hof het reeds gehoor die Matiestudent Hannah Cornelius is twee keer aan die linkerkant van haar nek gesteek voordat sy met klippe teen die kop geslaan is. Haar lyk is op 27 Mei 2017 langs die pad naby 'n wynplaas buite Stellenbosch gevind.
  • Vier beskuldigdes, Vernon Witbooi, Geraldo Parsons, Eben van Niekerk en Nashville Julius staan tereg op aanklagte van die verkragting van en moord op Cornelius, asook poging tot moord op haar vriend, Cheslin Marsh.
  • Cornelius is die laaste keer lewend gesien in Birdstraat, Stellenbosch, waar sy en Marsh in haar motor gesit het.
  • Die beskuldigdes het die studente na bewering met 'n skerp voorwerp soos 'n skroewedraaier gedreig en hulle in Cornelius se motor ontvoer.

10 Okt. 15:02:54

Allie waarsku Marsh dat die vier regsverteenwoordigers hom ook nog gaan kruisondervra en sy wat die regter is, het ook die geleentheid om vrae te vra.

Die saak verdaag tot Donderdag om 10:00. 

10 Okt. 15:01:55

Allie vra of daar 'n kort verdaging moet wees en of die saak moet oorstaan tot môre. Sy sê iets wat reggestel moet word, is dat daar iemand moet wees wat die getuie kan bystaan wanneer hy oor traumatiese voorvalle getuig.

Marsh sê hy wil verdaag tot môre.

Sy kop hang laag en hy huil.

10 Okt. 15:00:42

Badenhorst vra vir Marsh of hy wil voortgaan. Marsh sê hy kan nie voortgaan nie.

10 Okt. 14:57:55

Marsh: Voor die kattebak oopgemaak was, het Hannah vir hulle gevra wat hulle nou gaan maak. Toe sê hulle vir haar hulle gaan net rook en sy moet kalm bly.

Badenhorst: Wat was haar gemoedstoestand?

Marsh: Haar stemtoon was baie sag gewees, so ek dink sy was baie bang.

Die trane rol van sy wange af. 

Marsh: Ek kon hoor sy was baie bang.

10 Okt. 14:56:01

Die hof begin weer ná 'n kort verdaging. 

10 Okt. 14:55:11

Marsh: Ons het nog so 'n rukkie gery. Toe het ons op 'n grondpad gery.

Marsh snik hard, maar hy gaan voort.

Marsh: Ons het tot stilstand gekom.

Hy huil nou nog meer.

Badenhorst vra vir 'n kort verdaging. Allie verdaag vir 'n kort wyle.

10 Okt. 14:53:21

Marsh: Ons het 'n rukkie gery voordat iemand iets gesê het. Hannah het gevra waar hulle heen gaan, wat maak hulle nou, en hulle het gesê hulle gaan rook en dan die motor vir ons teruggee. Ons het gestop en die deur het oopgegaan. Hulle het iemand gekry om geld te gaan kry. Die man het teruggekom en gesê daar is niks geld in die rekening nie.

10 Okt. 14:50:07

Marsh: Almal het uit die motor geklim en my in die kattebak gelos. Ek is nie seker hoe lank hulle daar binne was nie. Ek het deure hoor oopgaan. Niemand het iets gesê nie. Almal was stil. 

10 Okt. 14:48:54

Marsh: Iemand het gesê hulle kan nie vir Hannah alleen in die motor los nie.

Badenhorst: Kan jy die woorde onthou wat die persoon gebruik het? Sou hulle haar naam geken het?

Marsh: Hulle het gesê "die kind". 

10 Okt. 14:47:03

Marsh sê die kar het toe weer gery en later tot stilstand gekom. Een persoon het uitgeklim en weer teruggekom en gevra of die manne in die motor wil gaan rook. Hulle het Afrikaans gepraat.

Meer oor:  Hannah Cornelius  |  Moord  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.