Smit: U verwys dan weer na Brandon in u tweede borgverklaring. (Smit haal aan) "Ek sal voor die hof beklemtoon dat ek nie op enige wyse suggereer dat mnr. Victor by die moorde betrokke was nie."
Is dit korrek?
Xander: Ja.
Smit: Maar dit was nie die korrekte situasie nie.
Xander: Nee.
Smit: Hoekom het u die hof mislei?
Xander: Ek kan nie vinger wys nie.
Smit: Maar hoekom het u die hof mislei dat u nie op enige wyse dit aan die hof kan suggereer nie?
Xander: Want die bewyse kan vir hulself praat.