Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Regter bevind Ninow het verkragting van meisie (7) in Dros beplan

Regter Mokhine Jonas Mosopa het Maandagoggend in die hooggeregshof in Pretoria bevind Nicholas Ninow (21) het die verkragting van 'n sewejarige meisie in die vrouebadkamer van die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria beplan.

Nicholas Ninow
Nicholas Ninow Maandagoggend in die hof voordat die regter uitspraak gelewer het. Foto: Deaan Vivier

Ninow het verlede Maandag, op die eerste dag van sy verhoor, in sy pleitverduideliking skuld beken op twee aanklagte van verkragting in verband met die voorval op 22 September 2018.

Die verhoor het egter voortgegaan, aangesien die staat wou bewys Ninow het die misdaad beplan en sy slagoffer "soos 'n prooi" na die badkamer gevolg en vasgekeer.

Daarteenoor het Nino in sy pleitverduideliking aangevoer hy was eerste in die badkamer om dwelms te gebruik en die meisie het by die toilethokkie, waarin hy was, ingekom.

Regter Mosopa het met die aanvang van die hofverrigtinge vanoggend verduidelik hy het dus 'n pleit van "onskuldig" aangeteken.

Mosopa het daarna in sy uitspraak gesê hy verwerp Ninow se weergawe van wat gebeur het. Hy bevind Ninow het wel nader aan die kinderspeelarea geskuif, die meisie daar gesien, en toe gesien hoe sy na die badkamer gegaan het.

Mosopa het dus bevind Ninow het die kind daarheen gevolg en verkrag.

Lede van die ANC-vroueliga het die verhoor verlede week bygewoon, maar vir uitspraak was die hofsaal oorvol. EFF-lede het, voordat die verrigtinge begin het, buite betoog.

nicholas ninow, dros-saak
Die hof was oorvol vir die uitspraak. Foto: Deaan Vivier
nicholas ninow, dros-saak, eff
Lede van die EFF het voordat die verrigtinge begin het, buite die hooggeregshof in Pretoria betoog. Foto: Hanti Otto

Ninow het ook verlede week skuld beken op aanklagte van die besit en/of gebruik van die dwelmmiddel Cat, en regsverydeling omdat hy die meisie se broekie – ’n bewysstuk – in die toilet afgespoel het.

Hy is amptelik hierop skuldig bevind. 

Hy het egter verlede week skuld ontken op ’n aanklag van aanranding op twee Dros-werknemers. 

Terwyl die beskuldigde aangevoer het hy het glad nie na iemand met sy gordel geslaan toe hy betrap is nie, het die meisie se ma getuig Ninow het wel die kinderoppasser in die gesig met sy gordel getref.

Mosopa het hom op hierdie aanklagte vrygespreek.

Die saak is uitgestel na 16 en 17 Oktober.

Ninow bly in aanhouding.

Nicholas Ninow
Ninow se ouma, Pauline Gericke, vat sy hand terwyl hy die hofsaal ingebring word. Foto: Deaan Vivier
Nicholas Ninow
Lede van die ANC-vroueliga ondersteun Gericke in die hof. Foto: Deaan Vivier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.