Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Regter onttrek hom aan Omotoso-verhoor

Regter Mandela Makaula het homself Woensdag aan die Omotoso-verhoor onttrek nadat dit aan die lig gekom het dat staatsgetuies in ’n gastehuis gebly het waarin Makaula ’n aandeel het.

Past. Timothy Omotoso (59), ’n TV-evangelis, en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani (36) en Zukiswa Sitho, word daarvan aangekla dat hulle jong meisies landwyd vir seksuele voorbereiding gewerf het.

Regter Mandela Makaula Foto: Argief

Hulle staan tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel, seksuele aanranding en rampokkery.

Die beskuldigdes se regsverteenwoordiger, Peter Daubermann, beskuldig Makaula daarvan dat hy bevooroordeeld is ten gunste van die eerste staatsgetuie, Cheryl Zondi.

In ’n brief aan die direkteur van die nasionale vervolgingsgesag in Grahamstad sê hy Nceba Ntelwa, die staatsaanklaer, het onthul Makaula het ’n aandeel in die gastehuis.

Volgens Daubermann het hy, Ntelwa, en Ishmet Cerfontein, nog ’n staatsaanklaer by die hooggeregshof, met Makaula vergader.

Die verdediging beweer regter Mandela Makaula is bevooroordeeld ten gunste van Cheryl Zondi, ’n staatsgetuie.Foto: Argief

Ntelwa het op die vergadering gesê hy dink dit is sy plig om hulle in te lig dat sekere staatsgetuies (die name van die staatsgetuies is nie genoem nie) tydens die verhoor in ’n gastehuis gewoon het wat Makaula onregstreeks deur ’n maatskappy besit.

“Ons wil dit laat aanteken dat Makaula nie ’n reaksie getoon het toe adv. Ntelwa die onthulling gemaak het nie. Hy het dit nie bevestig of ontken nie.

“Die onthulling gaan ons kliënte se verstand te bowe, vir redes wat voor die hand liggend is. Hul persepsie dat Makaula bevooroordeeld is, word hierdeur versterk.”

Daubermann het Makaula gevra om hom aan die saak te onttrek.

Regter Selby Mbenenge, regterpresident van die Oos-Kaap, het Makaula se besluit bevestig.

Makaula het die verhoor Maandag tot 16 April uitgestel.

Past. Timothy Omotoso groet Jeff Wabani, ’n tolk in die hooggeregshof. Langs hom sit sy medebeskuldigdes, Zukiswa Sitho en Lusanda Sulani. Foto: Lulama Zenzile
Meer oor:  Past. Timothy Omotoso  |  Regter  |  Onttrek  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.