Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Regter onttrek hom aan Omotoso-verhoor

Regter Mandela Makaula het homself Vrydag amptelik verskoon as regter in die verhoor van pastoor Timothy Omotoso en sy medebeskuldigdes.

Makaula se ontslag volg nadat dit aan die lig gekom het dat sekere staatsgetuies in ’n gastehuis gebly het wat aan sy vrou behoort.

Timothy Omotoso. Foto’s: Lynn Williams

Omotoso (60), ’n TV-evangelis, en sy medebeskuldigdes, Zukiswa Sitho (36) en Lusanda Sulani (26), word daarvan aangekla dat hulle jong meisies landwyd vir seksuele voorbereiding gewerf het.

Hulle staan ook tereg op aanklagte van mensehandel, seksuele aanranding en rampokkery.

Makaula het terwyl hy die redes vir sy ontslag by die hofrekord ingelees het, gesê hy doen dit in die belang van geregtigheid.

Volgens Makaula het hy geen finansiële belang in die gastehuis wat sy vrou besit nie.

Hy het daarop gewys dat daar geen aansoek voor die hof gebring is vir hom om homself te onttrek nie (in lig van die gastehuis-kwessie), maar dat hy dit doen om te verhoed dat daar in die toekoms ’n vinger gewys kan word deur te sê hy is bevooroordeeld teenoor staatsgetuies.

Regter Selby Mbenenge, hoofregter in die Oos-Kaap, het die hofverrigtinge tydelik by Makaula oorgeneem.

Hy het ’n nuwe verhoordatum vasgestel.

Die beskuldigdes moet weer op 30 Julie in die hof verskyn.

Meer oor:  Timothy Omotoso
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.