Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Regter sê Woensdag oor appèl in Omotoso-saak

Past. Timothy Omotoso en sy medebeskuldigdes hoor Woensdag of regter Irma Schoeman die verdediging se aansoek om verlof te appèl teen haar bevinding dat die verhoor in Port Elizabeth aangehoor moet word, gaan toestaan of nie.

Schoeman het verlede week in die hooggeregshof in Port Elizabeth bevind sy het wel jurisdiksie om al 97 aanklagte teen Omotoso (60), Zukiswa Sitho (36) en Lusanda Sulani (26) aan te hoor.

Die aanklagte teen die beskuldigdes spruit uit beweerde voorvalle waar hulle jong meisies van oor die land heen vir seksuele voorbereiding gewerf het.

Hulle word onder meer van rampokkery, seksuele aanranding en mensehandel aangekla.

Die verdediging het Schoeman gevra om hul aansoek om verlof om te appelleer, toe te staan en om die saak daarna na die appèlhof in Bloemfontein te verwys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.