Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Regters ook mense met fundamentele regte’

Regters is ook burgers met fundamentele regte en moenie onnodig “gesensor en gesnoer” word nie, sê hoofregter Mogoeng Mogoeng in sy repliek op ’n klag van wangedrag wat die drukgroep Africa4Palestine teen hom by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien het.

Die klagte teen Mogoeng spruit uit uitlatings wat hy in Junie in ’n aanlyn gesprek met die Israelse The Jerusalem Post gemaak het.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng Foto: Simon Sonnekus

Africa4Palestine, wat deel is van die organisasie Boycott, Divestment and Sanctions SA onder leiding van Ronnie Kasrils, het ’n beroep op die RDK gedoen om Mogoeng se uitlatings te ondersoek met die doel “om hom te straf weens die moontlike verbreking van die amptelike gedragskode, omdat hy in die openbaar in sy hoedanigheid as hoofregter verskyn en kommentaar gelewer het wat strydig is met Suid-Afrika se buitelandse beleid en die gees van die Grondwet”.

Mogoeng se repliek is deel van die ondersoek deur die Regterlike Gedragskomitee (RGK).

In die repliek het Mogoeng gesê Africa4Palestine het sy woorde uit konteks geneem en dit aangepas by wat hulle glo.

Mogoeng sê die reg tot geloof is iets waarmee nie maklik ingemeng moet word net omdat die uitoefening daarvan “mense irriteer of omdat dit verskil van sekere groepe se populêre standpunte nie”.

Hy het gesê sy hele gesprek moet in konteks gesien word. Africa4Palestine het sekere dele uitgelaat en dit reggekry om sy doel te bereik “deur ’n voorbeeld van my te maak om sodoende enigiemand anders te waarsku wat nie met hul standpunte saamstem nie”.

Mogoeng het verskeie verse uit die Bybel aangehaal en gesê hy as Christen lewe sy lewe volgens die Bybel. Dit beteken dat hy vergewe. Selfs indien iemand oor tien jaar beplan om hom te vermoor, het hy die persoon reeds vergewe.

Africa4Palestine sê Mogoeng se optrede as ’n Christen wat Bybelse waardes aanvaar oor wat gestraf moet word en wat nie, behoort nie in Suid-Afrika toegelaat te word nie.

Regters “moet die vrymoedigheid hê om voort te gaan om artikels of boeke te skryf, om aan openbare praatjies deel te neem, aan onderhoude deel te neem en om hul gedagtes oor menseregte, grondwetlikheid of enige ander openbare belange te deel”.

Hy het verder gesê daar moet gewaak word daarteen om ’n voorbeeld van een persoon te maak in ’n poging om “uit desperaatheid jou eie agenda af te dwing”.

“Dit kan nooit skandalig of onvanpas vir ’n regspersoon wees om te glo in die Bybelse gebod – om te bid vir vrede in Jerusalem, om liefde bo haat te kies, vreedsaamheid bo oorlog en die moontlikheid van meditasie eerder as om jouself uit te sluit nie.”

Hy het sy verklaring afgesluit met die woorde: “In Jesus se almagtige naam, amen”.

Meer oor:  Mogoeng Mogoeng  |  Regters  |  Regte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.