Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Reisagent in hof nadat hy glo kerkgroep bedrieg

’n Oos-Kaapse reisagent is in Kaapstad vasgetrek nadat hy glo met geld vort is waarmee hy vir ’n groep kerklidmate ’n reis na Italië moes reël.

Jeremy Chadwick Noble (45) het Maandag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn nadat hy en sy reisagentskap, Professional Alignment Close Corporation, van bedrog van net meer as R1,3 miljoen aangekla is.

Volgens die Valke is Noble deur die Local Preachers’ Association (LPA) van die Metodistekerk aangestel om vir 64 lidmate van ’n kerk in Oos-Londen ’n reis na Rome te reël.

Luidens die klagstaat het die LPA tussen Junie 2016 en Junie 2017 tien oorbetalings aan die reisagentskap gemaak. Noble moes die geld gebruik vir die reël en betaal van vlugte, vervoer in Italië, verblyf en hulp met die toergroep se visumaansoeke. Toe niks egter gebeur nie, het die kerk ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.

Kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, sê Noble is Donderdag in Kaapstad aangekeer en het dieselfde dag in die landdroshof in Bellville verskyn. Hy is op borgtog van R3 000 vrygelaat en aangesê om Maandag in die landdroshof in Oos-Londen te verskyn.

Anelisa Ngcakani, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die saak teen Noble is Maandag tot 7 Junie uitgestel vir die verdediging om afskrifte van die dossier te bekom en vir die saak om na die streekhof vir verhoor oorgeplaas te word.

Meer oor:  Jeremy Chadwick Noble  |  Oos-Londen  |  Reisagent  |  Kerkgroep  |  Bedrieg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.