Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Relletjie tussen regter en verdediging in Rohde-saak

Emosies het Donderdag hoog geloop tussen die veroordeelde moordenaar Jason Rohde se advokaat en regter Gayaat Salie-Hlophe in die hooggeregshof in Kaapstad.

Soveel só dat Salie-Hlophe die hof verdaag het terwyl die verdediging se eerste getuie ter versagting van vonnis getuig het. Die verrigtinge hervat eers om 14:15.

Jason Rohde Donderdagoggend in die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Adrian de Kock

’n Minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar is ter sprake nadat Salie-Hlophe Rohde daaraan skuldig bevind het dat hy sy vrou, Susan, vermoor het.

Rohde se psigiater, dr. Kevin Stoloff, is as eerste getuie geroep deur adv. Graham van der Spuy, Rohde se regsverteenwoordiger.

Stoloff het getuig hy het Rohde as ’n vredeliewende mens ervaar wat nie van konflik hou nie. Hy het getuig Rohde het nie enige persoonlikheidsgebreke nie en het ook nie elemente van die persoonlikheidstipe van mans wat hul vrou vermoor nie; hy is eerder die teenoorgestelde.

Stoloff het getuig oor wat in Februarie gebeur het toe Rohde homself by die Crescent-kliniek laat opneem het weens depressie. Stoloff het hom behandel en op medikasie geplaas. Hy het getuig oor die gebeure van 5 Februarie, toe Rohde nie by die hof opgedaag het nie omdat hy in die kliniek was en twee polisiebeamptes hom daar gaan haal het. Stoloff het geweier dat hulle Rohde neem en het die volgende dag in die hof kom getuig waarom hy nie toegelaat het dat Rohde hof toe geneem is nie.

Salie-Hlophe het hier die getuienis onderbreek en Van der Spuy gewaarsku dat hierdie getuienis reeds in die verhoor gelewer is. Stoloff moet nou oor versagtende omstandighede getuig.

Van der Spuy het aan Salie-Hlophe gesê die doel van die getuienis is om Rohde se samewerking gedurende die verhoor aan die hof voor te hou omdat dit baie van hom as persoon sê.

Salie-Hlophe het geantwoord dit is nie ’n borgtogaansoek nie en dat Van der Spuy binne die perke van versagtende omstandighede moet bly.

Van der Spuy het haar in die rede geval en gevra of sy beveel dat hy nie met dié koers van ondervraging voortgaan nie.

Salie-Hlophe het aan Van der Spuy gesê hy moet mooi dink oor hoe hy met haar praat. Sy het hierna die hof verdaag en uitgeloop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.