Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Renosterboer beboet oor horingverkope
Deon Cornelius (48) Foto: Verskaf

Die Valke in Mpumalanga het Dinsdag die vonnis verwelkom van ’n renosterboer van die provinsie wat onwettig handel gedryf het met vyf renosterhorings.

Die landdroshof in Middelburg het Deon Cornelius (48) Maandag gevonnis met ’n boete van R10 000 of drie jaar tronkstraf.

Die hof het ook gelas dat Cornelius R50 000 aan die Mpumalanga-parkeraad betaal.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die Valke het op 4 Januarie 2018 inligting ontvang dat ’n man van Gauteng sonder die nodige permitte renosterhorings by Cornelius in Buffelskloof, Middelburg, koop.

Die Valke en polisie het Cornelius se perseel dopgehou en vroeg die volgende oggend ’n wit Lexus van die pad afgetrek en dit deursoek.

Hulle het ’n witrenosterhoring met ’n geraamde waarde van R175 000, wat aan die onderstel van die voertuig vasgebind was, gevind. Daar is ook R699 129 in die voertuig gevind.

Die insittendes, Yansen Feng en Lui Li Hong, albei van Chinese afkoms, is op die toneel in hegtenis geneem.

Verdere ondersoekwerk het gelei tot die inhegtenisneming op 12 Januarie van Joseph Albertus en Susanna Johanna du Plessis in Bloemfontein. Hulle was die tussengangers tussen Feng, Hong en Cornelius. Cornelius is in hegtenis geneem en aangekla ingevolge art. 23 van Mpumalanga se Natuurbewaringswet (Wet 10 van 1998) vir die handel in renosterhoring sonder ’n permit.

Die saak teen Cornelius se vier medebeskuldigdes is reeds in 2018 afgehandel. Hulle is as volg gevonnis:

• Yansen Feng: R60 000 of ’n vonnis van ses maande tronkstraf vir die handel in bedreigde spesies. Hy moet ook R1 miljoen aan die organisasie Stop Rhino Poaching betaal.

• Liu Li Hong: ’n Boete van R60 000 of twee jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ivoor, dwelms en omdat hy onwettig in die land was.

• Joseph Albertus en Susanna du Plessis van Bloemfontein is elk ’n boete van R20 000 opgelê vir die onwettige handel in bedreigde spesies, of ’n vonnis van twee jaar tronkstraf.

Die byna R700 000 kontant wat die Valke in die Lexus gevind het. Foto: Verskaf
Een van die renosterhorings wat aan Deon Cornelius behoort het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Renosterhoring  |  Deon Cornelius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.