Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Renosterhoring-sindikaat: Saak teen 3 uitgestel

Drie vermeende sindikaatlede wat Donderdag deur die Valke op aanklag van die handel in renosterhoring gearresteer is, se saak is Vrydag in die landdroshof in Kempton Park tot later vandeesmaand uitgestel.

“Die twee mans en ’n vrou sal weer op 22 Augustus in die hof verskyn. Hulle sal tot dan in aanhouding bly,” het kapt. Dineo Sekgotodi, Valke-woordvoerder in Mpumalanga, gesê.

Hulle is aangekeer ná ’n jaar lange ondersoek deur die Valke in Middelburg, Mpumalanga, waartydens ondersoekers ’n “berugte Chinese sindikaat” geïnfiltreer het wat renosterhorings na lande in Suidoos-Asië smokkel. Drie persele is Donderdag in Johannesburg deursoek en ’n Chinese burger en twee Taiwannese burgers, tussen 45 en 53 jaar oud, is vasgetrek. Twee renosterhorings, twee voertuie met ’n gesamentlike waarde van R700 000, en R70 500 kontant is gekonfiskeer.

Meer oor:  Valke  |  Kempton Park  |  Handel  |  Renosterhoring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.