Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Renosterhorings in man se tas gekry

’n Suid-Afrikaanse man is op die O.R. Tambo-lughawe buite Johannesburg betrap met ’n tas vol renosterhorings.

Die 38-jarige man is deur die Valke in hegtenis geneem.

Die polisie het op sowat 30 kg se renosterhorings beslag gelê. Foto: Verskaf

Volgens kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het die ondersoekspan op ’n wenk reageer.

Die man was glo onderweg na die Verenigde Arabiese Emirate.

In sy tas het die Valke ongeveer 30 kg se renosterhorings gekry wat in plastiek toegedraai was.

Mulamu sê dit is nog nie duidelik van waar die horings kom en hoeveel renosters gestroop is nie.

“Dit alles vorm deel van die ondersoek. Daar sal DNS-toetse op die horings gedoen word,” sê Mulamu.

Die man se identiteit kan nie bekend gemaak word voordat hy in die hof verskyn het nie.

Mulamu sê die man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Kemptonpark verskyn op aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van renosterhorings.

Dié renosterhorings is in ’n Suid-Afrikaanse man se tas gevind nadat die Valke op ’n wenk reageer het en die man op die O.R. Tambo-lughawe aangekeer is. Foto: Verskaf
Meer oor:  O.R. Tambo  |  Valke  |  Johannesburg  |  Renosterhorings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.