Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Reserwebank-hoof dagvaar ANC-hoë oor k-woord in twiet

Die president van die Reserwebank het die uitgesproke Andile Lungisa, ANC-raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro, vir R500 000 gedagvaar weens naamskending.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.

Lungisa het Lesetja Kganyago, die Reserwebank-hoof, op Twitter uitgekryt vir “ ’n handperd vir rassistiese mense”.

Lungisa het Dinsdag bevestig dat hy die dagvaarding gekry het, maar gesê hy gaan die eis nie betaal nie.

Lungisa se twiets was deel van ’n bekgeveg oor die nasionalisering van die Reserwebank.

Een van Lungisa se twiets op 5 Junie lui: “Soos baie van sy soort verbeel hy hom dat nabyheid aan die kultureel stinkende, maar ekonomiese Neo-setlaars met ’n paar lattés daarby hom ’n buitengewone k****r maak.”

Dié twiet, wat saam met ’n foto van Kganyago geplaas is, is nie meer sigbaar op Lungisa se tydlyn nie, maar ’n skermgreep daarvan is by Kganyago se verklaring by die eis ingesluit.

Meer oor:  Lesetja Kganyago  |  Andile Lungisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.