Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Reserwebank móét dokumente onthul

Die Suid-Afrikaanse Geskiedenis-argief (Saha) het ’n ses jaar lange stryd teen die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) gewen om dié se apartheidsera-inligting aan Saha beskikbaar te stel.

Die beslissing is Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein uitgereik.

Saha, wat in die 1980’s deur anti-apartheidsaktiviste gestig is, het in Augustus 2014, in oorleg met die organisasie sonder winsbejag Open Secrets, die eerste keer vir die dokumente gevra.

Verskeie aansoeke is ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gerig vir die dokumente wat handel oor die bank se ondersoeke na individue wat in die apartheidsera van finansiële misdade verdink is, het City Press berig.

Saha het in ’n verklaring ná hul sege in die hof gesê die appèlaansoek was nie net gebring om toegang te kry tot apartheidsera-inligting nie, maar ook om die reg vir Suid-Afrikaners te bekom om toegang tot inligting te kan kry.

Die appèlhofbeslissing is ’n “geweldige oorwinning vir demokrasie en ons grondwetlike reg op toegang tot inligting”.

“Gegewe beweerde wydverspreide staatskaping in Suid-Afrika en die ontknoping van die uitgebreide netwerke wat korrupsie moontlik maak, is dit noodsaakliker as ooit vir die staat om pro-aktiewe blootlegging te oorweeg van kern-argiefrekords as uitvloeisel van sy verklaarde toewyding tot die waardes van openheid en integriteit.

“Private belang lê steeds aan die kern van die vergrype van staatsmag en daarom is dit noodsaaklik om diegene verantwoordelik vir apartheidsera- én hedendaagse misdade en korrupsie aan die man te bring.

“Toegang tot inligting is ’n kern-instrument hiervoor,” lui Saha se verklaring. – News24

Meer oor:  Dokumente  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.