Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Rica-saak: Grondwethof gevra om uitspraak te bekragtig

Die amaBhungane-sentrum vir ondersoekende joernalistiek het Woensdag hofstukke by die konstitusionele hof ingedien om die uitspraak te bekragtig dat die Wet op die Regulering van die Onderskepping van Kommunikasie (Rica) “ongeldig” en “ongrondwetlik” is.

Dit kom nadat amaBhungane in September verlede jaar ’n saak in die hooggeregshof in Johannesburg gewen het, waarin die onderskepping van elektroniese seine deur die nasionale kommunikasiesentrum “onwettig en ongeldig” verklaar is, het News24 berig.

Die regstryd het in 2017 begin toe die publikasie bevestig het dat Sam Sole, ’n joernalis, ingevolge Rica afgeluister word.

News24 het voorheen berig dat dit gebeur het terwyl Sole ondersoek ingestel het na die nasionale vervolgingsgesag se besluit om die korrupsie-aanklagte teen oudpres. Jacob Zuma te laat vaar.

Dit is nie die eerste geval van afluistering waar beweer is dat die staat intelligensie, staatsveiligheid en die bepalings van Rica misbruik om joernaliste te teiken nie.

Onder die vyf bevele wat regter Roland Sutherland toegestaan het, was die uitspraak dat art. 16(7), 17(6), 18(3) (1), 19(6), 20(6) en 22(7) van Rica nie met die Grondwet strook nie en ongeldig is omdat dit nie prosedures voorskryf om die teikens van onderskepping daaroor in te lig nie.

“Rica, insluitend art. 16(7), strook nie met die Grondwet nie en is dus ongeldig omdat dit nie behoorlik voorsiening maak vir ’n stelsel met gepaste beskerming vir die feit dat die bevele ter sprake ex parte [sonder kennisgewing] toegestaan is nie. Die verklaring van ongeldigheid word vir twee jaar opgeskort vir die parlement om die tekortkoming reg te stel,” het Sutherland gesê.

Die aansoek sal op 25 Februarie aangehoor word.

Meer oor:  Konstitusionele Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.