Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Rohde dien aansoek in om te appelleer
Jason Rohde

Jason Rohde se regspan het Dinsdag hul aansoek om verlof tot appèl by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien.

Die aansoek is om verlof te kry van regter Gayaat Salie-Hlophe om teen haar uitspraak en vonnis te mag appelleer.

Salie-Hlophe het bevind Rohde het sy vrou, Susan, vermoor en die toneel van hul Spier-hotelkamer gemanipuleer om dit te laat lyk asof Susan haar eie lewe geneem het.

Salie-Hlophe het hom effektief 20 jaar tronkstraf opgelê.

Rohde ontken dat hy sy vrou in Julie 2016 vermoor het en voer aan sy het haarself met die koord van ’n haartang agter die badkamerdeur opgehang.

Salie-Hlophe het egter nie hierdie weergawe aanvaar nie.

Tony Mostert, Rohde se prokureur, het bevestig hulle het hul aansoek by die hof ingedien, maar wou nie die inhoud daarvan bekend maak alvorens dit deur die Salie-Hlophe aangehoor is nie.

Verder moet die staat nou hul repliek lewer waarna ’n datum vir die verhoor bevestig sal word.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Kaapstad  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.