Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Rohde hoor Dinsdag of hy mag appelleer

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde hoor Dinsdag of sy aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis goedgekeur is.

Jason Rohde Foto: Jaco Marais

Rohde se regspan het sy aansoek in Maart vanjaar by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien kort nadat hy gevonnis is.

Rohde (50) is 18 jaar tronkstraf opgelê weens die moord op sy vrou, Susan, en nog vyf jaar weens regsverydeling nadat hy in November 2018 skuldig bevind is. Hy dien tans tronkstraf van effektief 20 jaar uit.

Susan Rohde se lyk is in Julie 2017 in die egpaar se hotelkamer in die Spier-hotel buite Stellenbosch gevind.

Rohde voer aan die hof het sy vonnis op ’n “onaanvaarbare en onregterlike” wyse benader, wat op “heftige persoonlike kritiek en ’n aanval” neergekom het.

Luidens die aansoek is die skuldigbevinding op veronderstelling, vermoede en verskeie persoonlike oorwegings” gegrond.

Meer oor:  Jason Rohde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.