SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
Rohde sal dalk tot Februarie moet wag vir appèl

Jason Rohde se appèl sal moontlik eers in Februarie of Maart aanstaande jaar aangehoor word.

Dit kom nadat die appèlhof Dinsdag Rohde se aansoek om verlof tot appèl toegestaan het.

Jason Rohde staan in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Kaapstad vroeër vanjaar. Foto: Jaco Marais

Rohde se regspan het vroeër vanjaar twee aansoeke by die appèlhof ingedien. Een was om teen die uitspraak en vonnis te mag appelleer en die tweede aansoek was vir ’n spesiale aansoek.

Met só ’n spesiale aansoek, ingevolge die Strafproseswet, kan die beskuldigde amptelik sy beswaar op rekord plaas as iets gebeur het wat hy of sy voel nie reg deur die hof gehanteer is nie. Dié aansoek spruit daaruit dat die getuienis van die forensiese psigiater dr. Larissa Panieri-Peter nie in die verhoor toegelaat is nie.

Regter Gayaat Salie-Hlophe, wat die saak in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor het, het in Junie 2018 gesê, nadat Panieri-Peter deur Rohde se regspan geroep is, haar getuienis is ’n herhaling van getuienis wat reeds in die hof gelewer is.

Panieri-Peter het ’n verslag oor Rohde en Susan se geestestoestand saamgestel en wou daaroor getuig.

Adv. Graham van der Spuy, vir Rohde, was nie tevrede hiermee nie en het dadelik die spesiale aansoek op rekord geplaas. Salie-Hlophe het dit so aangeteken.

Dinsdag het die appèlhof egter dié aansoek van die hand gewys en net die aansoek toegestaan om teen die uitspraak en vonnis te kan appelleer.

Ingevolge hofreëls het Rohde nou een maand om sy aansoek by die hof in te dien. Hierna is daar drie maande waarin die verhoor se rekord ingedien moet word. Partye het dan ses weke waarin hulle hul betooghoofde moet liasseer.

Rohde het dan weer ’n maand om repliek op die staat se hoofde te lewer.

Die staat sal die aansoek teenstaan.

Intussen het Tony Mostert, Rohde se prokureur, gesê hy (Rohde) wil ’n aansoek om borgtog hangend die appèl by die hof indien.

Ingevolge hofreëls moet die regter wat die saak aangehoor het die borgtogaansoek hanteer.

Daar is nog nie ’n datum vir dié aansoek bekend gemaak nie. Indien die aansoek misluk, kan Rohde weer die appèlhof nader.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Hof  |  Appèlaansoek  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.