Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Rohde seëvier in appèlsaak oor borgtog

Die veroordeelde moordenaar, Jason Rohde, mag aansoek doen om verlof tot appèl teen ’n beslissing van die hooggeregshof in Kaapstad dat hy nie op borgtog vrygelaat mag word terwyl hy wag dat sy moordsaak op appèl geneem word nie.

Jason RohdeFoto: Jaco Marais

Die appèlhof in Bloemfontein het die verlof tot appèl die afgelope week toegestaan.

Rohde het in Augustus geappelleer teen ’n beslissing van regter Gayaat Salie-Hlophe dat hy nie op borgtog vrygelaat mag word hangende sy appèl nie.

Salie-Hlophe het in die hooggeregshof in Kaapstad die appèlaansoek van die hand gewys. Sy het gemeen geen ander hof sal tot ’n ander gevolgtrekking kom nie. Rohde se regspan het toe aangedui dat hulle die appèlhof gaan nader.

Sy het toe in haar uitspraak gesê dit sal die regstelsel ondermyn indien sy Rohde op borgtog vrylaat en dat hy nie bewys het dat dit in die belang van geregtigheid is om hom op borgtog vry te laat nie.

Salie-Hlophe het hom in November 2018 skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan Rohde, in 2016.

Rohde is ook skuldig bevind aan regsverydeling nadat hy die moordtoneel gemanipuleer het om die indruk te skep dat sy haarself om die lewe gebring het deur haarself met die koord van ’n haartang agter die badkamerdeur te hang.

Die egpaar het die betrokke naweek op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch tuisgegaan om Sotheby’s International Realty se jaarlikse konferensie by te woon. Rohde was die hoof van Sotheby’s in Suid-Afrika.

Hy het ná die verhoor ’n aansoek by Salie-Hlophe ingedien om teen die uitspraak en vonnis te appelleer, maar sy het dit van die hand gewys. Hy het hom tot die appèlhof gewend en op 2 Julie is sy aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis toegestaan.

Op grond hiervan wou hy op borgtog vrygelaat word omdat die vroegste wat die appèlsaak aangehoor kan word, glo eers in Februarie 2021 is.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Moord  |  Appelhof  |  Misdaad  |  Borgtogaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.