Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Rohde-vonnis hervat, terwyl Packham wil appelleer

Jason Rohde het sy 50ste verjaardag in die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad deurgebring, sonder om sy dogters te sien.

Jason Rohde verlede jaar in die hooggeregshof in Kaapstad.Foto: Jaco Marais

Nie net het Rohde op 10 Januarie 50 geword nie, maar die Rohde-tweeling het op 1 Januarie hul 19de verjaardag sonder hul ouers gevier.

Rohde se prokureur, Tony Mostert, sê dit is finansieel baie moeilik vir die dogters om van Plettenbergbaai, waar hulle in Januarie by hul grootouers gewoon het, na Kaapstad te reis.

Rohde se oudste dogter, Kathryn, kan ook nie kontak met haar pa hê nie omdat sy steeds onder eed is nadat sy in November die getuiebank ingeneem het om ter versagting van vonnis vir haar pa te getuig. Die hof het egter verdaag net voordat sy begin getuig het en is tot 18 Februarie uitgestel. Dit is nie duidelik of sy oor twee weke steeds haar plek in die getuiebank sal inneem nie.

Rohde is daaraan skuldig bevind dat hy sy vrou, Susan, in Julie 2016 by die Spier-landgoed naby Stellenbosch vermoor het.

Rob Packham (57) kort voordat hy opgesluit is. Foto: Jaco Marais

Intussen het Rob Packham, ’n sakeman van Constantia, Kaapstad, wat teregstaan op aanklag van moord op sy vrou, Gill (52), besluit hy gaan teen regter Elizabeth Baartman se borgtoguitspraak appelleer waarin sy sy borgtog ingetrek het. Die hof sal eers aan die einde van vandeesweek ’n datum bevestig, maar dit sal glo op 13 of 18 Februarie aangehoor word.

Packham se regspan het op 14 Januarie ’n kennisgewing by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien vir aansoek om verlof tot appel teen Baartman se borgtoguitspraak.

Die staat het op 19 Desember 2018 ’n aansoek by die hof ingedien dat sy borgtog ingetrek word nadat dit aan die lig gekom het dat hy sy borgtogvoorwaardes vir die tweede keer oortree het. Hy het glo voortdurend ’n spesifieke staatsgetuie, wat ingevolge ’n hofbevel nie geïdentifiseer mag word nie, gekontak. Die getuie is ’n vorige minnares van Packham. Hulle was glo lede van ’n groep waarin paartjies seksmaats uitruil.

Baartman het sy vrylating op borgtog ingetrek en hy is weer in aanhouding geplaas.

Packham is in September vir die eerste keer weer in hegtenis geneem nadat hy kontak met staatsgetuies gemaak het. Die staat het toe ook ’n aansoek by die hof ingedien om sy borgtog in te trek, maar hy is net op strenger voorwaardes weer vrygelaat.

Die verhoor sal voorlopig op 11 Maart begin.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Rob Packham  |  Hof  |  Vonnisoplegging  |  Moord-Verhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.