Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Rooimiere wen hofsaak, skorsing opgehef
Die rooimiere in aksie in die Wes-KaapFoto: Twitter - Red Ants WC

Die Rooimiere het ’n dringende hofaansoek teen die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (Psira) gewen en sodoende verseker dat hul skorsing opgehef is en hulle weer wettiglik veiligheidsdienste, uitsettings en slopings aan die publiek mag lewer.

Die Rooimiere se Psira-registrasie is in Junie vanjaar opgeskort.

Psira het toe gesê hoewel die registrasie tydelik opgeskort is, het hulle ná deeglike oorweging besluit om die Rooimiere se registrasie op te skort.

Die Rooimiere is vroeër beskuldig van onbehoorlike gedrag tydens uitsettings.

Fuzile Balintulo, bedryfshoof van die Rooimiere, sê nadat hul direkteure in Junie deur Psira geskors is, het hulle geen ander keuse gehad nie as om ’n dringende hooggeregshofaansoek teen Psira te bring.

Psira het die dringende aansoek teengestaan.

“Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat die maatskappy se skorsing opgehef moet word en dat ons onvoorwaardelik daarop geregtig is om sekuriteitsdienste te lewer,” sê die Rooimiere in ’n verklaring.

’n Kostebevel is teen Psira gemaak wat die regskoste van die junior en senior regsverteenwoordigers moet betaal.

“In die omstandighede mag ons dus wettiglik sekuriteitsdienste lewer wat uitsettings, sloping en dies meer insluit,” sê Balintulo.

Die Rooimiere in aksie in die Wes-KaapFoto: Verskaf - Red Ants WC

Meer oor:  Rooimiere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.