Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Rust se moordenaars kry lewenslank

Nigel Plaatjies en sy medebeskuldigde, Johannes Plaatjies, is Woensdagoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die skrywer Winnie Rust.

Regter Elize Steyn het afsonderlike vonnisse vir hul onderskeie aanklagte opgelê wat alles samelopend met die lewenslange vonnis uitgedien sal word.  

Steyn het op 4 Desember 2017 die twee beskuldigdes op aanklagte van moord op Rust skuldig bevind.

Nigel Plaatjies en Johannes Plaaitjies. Foto: Son/Peter Abrahams

Hulle het haar op 11 Mei 2016 in haar huis in Wellington vasgebind en haar verwurg of versmoor. Daarna het hulle ’n brandende kers voor ’n oop gasstoof gelos in ’n poging om die huis af te brand.

Rust se dogter, Helena Reid, het ter verswaring van die vonnis vroeër in Februarie ’n roerende pleidooi aan haar ma se moordenaars in die hooggeregshof in Kaapstad gelewer.

Hierdie “eerste lady” van Wellington wat haar lewe daaraan gewy het om lig in ander se lewe te bring, is in ’n brief van ses bladsye wat Reid voorgelees het, vir haar bydrae tot die gemeenskap en die kultuur geprys en vir die sterk matriarg wat sy in haar familie was.

Reid het vertel van die skade wat Nigel en Johannes Plaatjies hul familie aangedoen het. Sy het gesê Rust was deur haar man, kinders, kleinkinders en lede van die gemeenskap geliefd. Sy was sentimenteel en het graag briewe en foto’s van haar familie gehou sodat haar kleinkinders eendag kon weet waar hul wortels is.

Meer oor:  Winnie Rust
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.